Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Keerwal teen korrupte ANC
Gert Coetzee

Daar is “50 ways to leave your lover”, sing Paul Simon. As dit kom by korrupsie in Suid-Afrika, is daar baie meer as 50 slinkse truuks om die staatskas te plunder. En die hoop om van die ANC “verlaat” te word – by die stembus – gaan stellig weer beskaam.

Armsgate, Travelgate, Petrogate en talle ander ANC-piramideskemas vir geldwassery uit ons nasionale beurs is al vergete en meestal onontrafel, toe duik grootskeepse staatskaping en die VBS-bedrog op. Telkens is dit asof die stelers en die delers hul voorgangers – telkens dieselfde kalante – wil probeer oortref.

Hoe die ANC-wiel vir die pleeg van korrupsie of die verdoeseling blatant herontwerp word, blyk nou weer uit getuienis van Angelo Agrizzi voor die Zondo-ondersoekkommissie na staatskaping en uit getuienis van adv. Chris MacAdam voor die Mokgoro-ondersoekkommissie na die bevoegdheid van advv. Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi vir hul poste in die nasionale vervolgingsgesag (NVG). Soos in die korporatiewe wêreld bly die elemente dieselfde. Waar ’n pimp is, sal daar altyd ’n prostituut wees, en andersom.

Die siekte is aansteeklik – die werwing van korruptes in politieke of staatsgeledere wat hulself laat intrek om saam te vreet aan omkoopgeld wat “makelaars” betaal om bedenklike kontrakte en tenders teen aangeplakte pryse vir fiktiewe of oorbodige produkte of dienste te verkry. Asof hulle daarop geregtig is.

Die sentrale karakters verskil soms, maar meestal pryk dieselfde name in die onheilige web van patronaatskap.

Die sentrale karakters verskil soms, maar meestal pryk dieselfde name in die onheilige web van patronaatskap.

Ene Zuma-kêrel slaag telkens daarin om die lys van stelers te haal. Of die delers nou Shaik (oudkamerade in die ANC se struggle-intelligensienetwerk), Gupta (Indiese opportuniste) of Watson (struggle-konneksies met sport) heet, die motief en werkwyse bly dieselfde.

As dit nie so veragtelik was nie, sou die komies-heroïese elemente van die Bosasa-sage lagwekkend kon wees.

Bevrore hoenders, vleis en drank as dekmantel vir geldwassery; geld wat in pakke van miljoen rand vir omkopery bestem is; ’n swart boekie waarin betalings aangeteken is . . .

  • En ’n gekrenkte voëltjie wat begin fluit. Maar kommer oorskry flou humor. Die aantygings van Agrizzi dat Jiba en Mrwebi onderskeidelik R100 000 en R10 000 ontvang het om NVG- en Valke-ondersoeke na Bosasa te smoor, sou ’n laagtepunt vir die regbank wees. (Hulle ontken hulle het geld gekry.) ) Die kommissies van ondersoek na korrupsie bly nie voor nie. Naas voormelde twee, is die kommissie van ondersoek na die Openbare Beleggings-korporasie ook aan die gang.
  • Dat daar wel kommissies is, is seker ’n ligpunt, maar daar is nog die SAL, Transnet, Denel, Prasa en, en, en . . . Cyril Ramaphosa is ook betrek deurdat Bosasa R500 000 aan sy veldtog vir die ANC-leierskap gegee het. Hy ontken hy weet van die “skenking” waarvan sy seun glo middelaar was.) Die ANC weier om ’n minister (Nomvula Mokonyane) en ’n ANC-LP (Vincent Smith) wat by die Bosasa-skandaal betrek is, te skors. As Cyril wag vir die kiesuitslae om van almal ontslae te raak, gaan hy min oor hê.) Die Zondo-kommissie se sekretaris, Khotso de Wee (’n Vrystaatse oud-hoofamptenaar), het na bewering ook omkoopgeld gekry. Hy is wel geskors.) Die ANC-korrupsiemodel geld in byna alle provinsies en munisipaliteite, maar van ondersoeke kom daar niks. Die Vrystaat is ’n eie gevallestudie. En die ANC-kandidatelys hier bemoedig nie.

Volpunte aan wyle Vernie Petersen, oudhoof van korrektiewe dienste, wat geweier het om hom te laat inkoop.

Om van die ANC ontslae te raak gaan verg dat onomkoopbares in Suid-Afrika saamstaan en ’n onstubare keerwal teen die party vorm.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Stemme  |  Verkiesing  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.