Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Kerk is meer as data

“Ons is besig met datasuiwering. Is julle nog lidmate van ons kerk?” So lui ’n boodskap van ’n gemeente waar ons baie jare gelede was en wat uit die bloute op my skerm verskyn. Toe wonder ek of kerklike data steeds die pas aangee? Kwalifiseer jy net vir lidmaatskap as jou naam op ’n plaaslike gemeente se boeke is?

Ja, goeie kerklike administrasie is nodig. Maar is die tongtippietoets regtig nog hier in 2019 dat jy ingeskryf moet wees op die een of ander gemeente se boeke?

Matteus 16 leer my wat die hart van kerkwees is. Jesus sê hier dat Hy sy kerk bou op die belydenis dat Hy die Christus is. Ook onderstreep Jesus in Matteus 18 daar waar twee of drie in sy Naam vergader, daar is Hy in hul midde.

Kerkwees is die samekoms van gelowiges om die Here­ te aanbid. Kerk gebeur om die regte belydenis en die regte gesamentlike belewenis van ons geloof. Mense is nooit kerklike data nie.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus  |  Kerk  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.