Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Kiesers sal die laaste woord oor Trump hê

Die uitslae in die deelstaatverkiesings in Mississippi, Virginië en Kentucky het pres. Donald Trump en die Republikeinse Party vandeesweek behoorlik laat skrik.

In Mississippi, ’n konserwatiewe deelstaat, het die Republikeinse goewerneurskandidaat met 52,1% teenoor 46,6% vir die Demokratiese kandidaat gewen. As ’n mens die uitslag van vier jaar gelede (66,4% teenoor 32,3%) en die presidentsverkiesing van 2016 (57,9% vir Trump en 40,1% vir Hillary Clinton) vergelyk, sien jy ’n beduidende verskuiwing.

In Virginië het die Demokrate min of meer skoonskip gemaak deur die goewerneurskap te wen (met ’n verskil van 5,5 persentasiepunte) en ’n meerderheid in albei huise van die staat se wetgewende vergadering te behaal.

Dit vergeleke met ’n Republikeinse meerderheid van 5 persentasiepunte in 2015 en ’n Clinton-oorwinning van 5,3 punte in die presidentsverkiesing.

Maar die grootste verrassing was die uiters konserwatiewe Kentucky. Daar het Trump in 2016 ’n weghol-oorwinning van 62,5% teenoor 32,7% behaal. Vandeesweek het die Demokratiese goewerneurskandidaat dié vorige uitslag tot ’n naelskraapse oorwinning van 49,2% teenoor 48,8% omgeswaai. Dit is ’n yslike swaai.

Die Republikeine voer, nie sonder rede nie, aan dat hul kandidaat, Matt Bevin, uiters ongewild is en die uitslag dus niks sê oor hoe aanstaande jaar se presidentsverkiesing sal verloop nie. Hulle wys ook daarop dat verskeie poste in Kentucky aan verkiesings onderhewig was en dat die Republikeine almal gewen het.

Daarteenoor staan dat Bevin ’n kloon van Trump probeer wees het en dat Trump aan die vooraand van die verkiesing spesiaal ’n groot vergadering in die staat toegespreek het om Bevin by te staan. Dit het nie gehelp nie.

Dit bly nogtans twyfelagtig of die Senaat hom gaan laat val. Die laaste woord sal aan die kiesers behoort.

Wat dalk wys dat die kiesers van Kentucky hulle nie soseer van die Republikeinse Party afwend nie, maar dat hulle genoeg van Bevin en Trump se soort bombasme gehad het.

Daar is wel een persoon wat baie ongerus oor die Kentucky-uitslag moet wees – sen. Mitch McConnell, leier van die Republikeine in die Senaat, wat aanstaande jaar herkies moet word.

Kommentators meen as jy wil weet of die Republikeinse senatore Trump in die steek gaan laat in die afsettingsproses wat die Demokrate begin het, moet jy na McConnell kyk.

McConnell, soos talle politici, kyk primêr na sy eie belang. As hy die indruk kry dat sy steun aan Trump tot sy eie ondergang kan lei, kan hy die president soos ’n warm patat los.

Vandeesweek het opspraakwekkende nuwe getuienis oor Trump se aandeel in die Oekraïense skandaal na vore gekom. Volgende week se getuienis is in die openbaar, en die verwagting – tereg of nie – is dat baie meer skadelike feite oor Trump geopenbaar sal word.

Dit bly nogtans twyfelagtig of die Senaat hom gaan laat val. Die laaste woord sal aan die kiesers behoort.

Meer oor:  Leopold Scholtz.  |  Donald Trump  |  Kiesers  |  Mening  |  Wêreldburger  |  Republikeinse Party
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.