Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Koggelramme se bolip krul weer ná reën
Johan van Wyk

Dit is ongelukkig te laat vir ’n skaapboer wat ná reën sy lammers in die komende September tussen plate gousblomme in die Noordweste sou wou sien speel, ’n baldadige toneel wat my hart laat opspring van vreugde. Maar voor in die wapad brand ’n lig.

Daarvoor moes die ramme in Mei, toe die wêreld kaal en swart was, onder die ooie geloop het. Dat baie boere dit ongeag die haglike toestande wat toe geheers het, tog gedoen het, was weer ’n geloofsdaad. Dit is wat die mense van die Noordweste staande hou: geloof en voer.

Daarsonder sou bitter min dié uitmergelende droogte van byna sewe jaar, skandelik sonder behoorlike staatshulp terwyl miljarde in dieselfde tydperk gesteel en verkwis is, oorleef het. Dit is nou ’n uitgemaakte saak dat dit die ergste droogte in menseheugenis is, veel erger as die veelbesproke een van die vroeë 1930’s.

Die kans dat dit weer ingestel kan word, is natuurlik nul. Nie onder die onbeholpe ANC nie.

Dit is ook hoegenaamd nog nie gebreek nie. Goeie reën het wel die laaste tyd verligting en hoop gebring, maar selfs met verdere goeie reën lê ’n lang herstelpro-ses voor. Wat inder-daad nou nodig is, is ’n vee-onttrekking-skema soos in die vroeë 1960’s, toe skaapboere veld, vernietig deur langdurige droogtes en te gou opvolgende herbeweiding ná reën, vee vir tot vyf jaar met staatsonder-steuning kon ont-trek.

Vir die Noordweste was dit ’n reddingsaksie wat veldagteruitgang, erosie en verwoestyning gestuit en herstel bevorder het.

Die kans dat dit weer ingestel kan word, is natuurlik nul. Nie onder die onbeholpe ANC nie.

Dis wat droogte aan ’n man kan doen.

Maar wat, dan boer ons maar weer soos in die ou dae, toe daar nie ’n bepaalde paartyd was nie en jou ramme permanent onder die ooie geloop het. In goeie reënjare sou lammers van ’n maand of wat skaars in die lente tussen die gousblom-me begin speel of die menere met die groot pere het nader gestaan.

Net die ramme, windpompe en skaapwagters het toe heeljaar op Karooplase gewerk. Al was dit by tye so droog dat ene Dirk Kloet, ’n skaap-wagter van Koornhuis by Springbok, in ’n brief aan ’n familielid in die Kaap geskryf het: “Die Boesmanlant is grootse pik swart van drooggyt. Die ramme se peesters hang op die grond maar nie een oertjent speul nie.”

Dis wat droogte aan ’n man kan doen.

Nou werk die ramme, maande lank gevoer op stal, net by tye nadat die koggelramme die aanvoorwerk gedoen het. As hulle van die bakkie af spring en onder die jong ooie koppe stamp, krul hul bolip op en slaan hul lieste rooi uit.

Dis die goeie nuus. Die slegte nuus is dat skaapvleis ná dié droogte nogmaals duurder gaan word tot die punt waar net die heel rykes dit sal kan eet. Kuddes moet van voor af opge-bou word en dit gaan nie oornag geskied nie. Ek gun skaapboere dit nietemin van harte.

Al troos is dat ’n mooi blomjaar hopelik in die Noordweste wag. Maar ai, ons kan nie blomme-tjies eet nie!

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.