Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies
Kom dié advokaat dalk van ’n ander planeet?

Lood praat natuurlik van adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB). Haar bevindings tot dusver het getoon sy verstaan ten beste nie haar rol en bevoegdhede nie en ten slegste dat sy ’n agenda bedryf – maar dit is beslis nie om die kwesbaarste Suid-Afrikaners te beskerm soos sy veronderstel is nie.

Sy is telkens in die spervuur, byvoorbeeld toe sy haar bevoegdhede oorskry het deur die parlement opdrag te gee om die Reserwebank se mandaat te wysig. 

Haar jongste uitspraak oor die onverkwiklike Helen Zille-twiet oor kolonialisme laat regskenners se mond oophang omdat dit haar uiters gebrekkige regs- en grondwetlike kennis ten toon stel. Zille glimlag seker breed, want dit laat die deur wyd oop vir ’n hofbeslissing teen die OB se bevindings en in haar guns.

Trump + Kim = ware liefde?

Kenners van die liefde reken teenoorgesteldes trek mekaar aan. Dié dat Lood wonder oor die opspraakwekkende kitsliefde tussen Donald Trump en Kim Jong-oen. Hulle het albei aggressiewe en baasspelerige persoonlikhede en floreer op aandag. Net die tyd sal dus leer of dit ware liefde is. Intussen kan die res van die wêreld darem weer asemhaal omdat dit voorlopig lyk of hulle daardie rooi knoppies gaan uitlos.

Persone van die week:

RAAKVATTER: Faf de Klerk. Lood kan nie aan ’n beter kandidaat dink ná sy raakvatspel teen die Engelse nie. Hy was die Bokke se Dawid wat die Goliatte neergevel het. ’n Klein Bok-generaal met ’n yslike hart.

NAT VADOEK: Prof. Dan Kgwadi, NWU-rektor wat ’n ondersoek na die politieke ontleder Theo Venter gelas het ná dié se debat met Carl Niehaus op RSG sonder dat hy (Kgwadi) na die debat geluister het.

Blouwillem en sy maters

Blouwillem het Maandag na aanleiding van die Bokke se groot agterstand teen die Engelse en hul heldhaftige terugvegpoging geskryf oor ’n doodsberig van Norman Kitley, ’n geliefde onderwyser en rugbyafrigter wat geweet het hoe om vreesbevange seuns te motiveer. Dit het twee lesers nostalgies na hul pen laat gryp om hulde te bring aan hul eie inspirerende “lewensafrigters”, Swannie Swanepoel van die Hoërskool Ermelo en Arie Viljoen van HSR.

Stefan Fouche van Pretoria en Johann Ferreira van Mbombela wen elk ’n koffiebeker. En ja, dalk maar Blouwillem ook. Stuur bydraes na lood@beeld.com.

Meer oor:  Menings  |  Lood  |  Stemme  |  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.