Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Kom ons benut drukkersink wyl dit nog vloei

Nie ons persoonlik as joernaliste by Beeld of ons koerant het onaangeraak gebly deur Media24 se aankondigings vandeesweek oor verskeie koerante en tydskrifte wat sluit nie.

’n Vraag wat ’n mens wou vra, na aanleiding van die reaksie van sommige op onder meer so­siale media al weke gelede met die sluiting van Rooi Rose in die Caxton-stal en nou ook oor Volksblad, was: Wanneer laas het jyself een gekoop?

Nie uit verwyt of leedvermaak nie, maar bloot om te onderstreep dat die sluitings die gevolg van veranderde internasionale verbruikerspatrone is. En ’n onafwendbare skuif na ’n al hoe meer digitale leefwyse, nie net vir mediaverbruik nie, maar ook banksake, aankope en meer.

Soos enige onderneming moet daar ten minste gelyk gebreek word en verkieslik wins gemaak word. Daarom raak die ekonomie en die Covid-19-pandemie koerante nie meer of minder as enige ander tradisionele onderneming nie.

Verwyte wat dus op Media24 se bestuur gemik is, asof besluite bloot uit die bloute geneem is, is gewoon ongeldig.

Ons gaan eenvoudig die voorreg, om steeds by gedrukte media betrokke te wees, met selfs meer geesdrif aanpak. Ons werk hard deur voorstelle om die koerant verdere standhoudendheid te gee wat die syfers betref.

Heelwat lesers, meningsvormers, medewerkers, adverteerders en ander gereelde vennote het “sterkte” laat weet. En wou ook weet hoe dit Beeld raak.

Ons gaan eenvoudig die voorreg, om steeds by gedrukte media betrokke te wees, met selfs meer geesdrif aanpak. Ons werk hard deur voorstelle om die koerant verdere standhoudendheid te gee wat die syfers betref.

Maar ons hou die oog veral op die bal om – met wat ons het – die beste moontlike koerant uit te gee. Die gesogte Frewin-trofee vir die beste tipografiese uitleg staan tans in ons kantore. Verskeie redaksielede is intern of nasionaal bekroon.

Beeld registreer steeds gereeld as die koerant wie se lesers die hoogste gemiddelde huishoudelike inkomste het en bied dus steeds ’n onmisbare voertuig vir adverteerders wat ernstig is daaroor om produkte te skuif.

Ons het ’n ietwat uitdagende koers ingeslaan wat redaksionele beleid betref. Maar glo dat die eise­ van ons tyd ons noop om ’n markplein van verskillende idees en perspektiewe te wees, wat getoets en oorweeg moet word om by sinvolle antwoorde uit te kom.

Ons het ’n ietwat uitdagende koers ingeslaan wat redaksionele beleid betref. Maar glo dat die eise­ van ons tyd ons noop om ’n markplein van verskillende idees en perspektiewe te wees, wat getoets en oorweeg moet word om by sinvolle antwoorde uit te kom. Dus sonder vrees vir teenspraak ’n koerant met seker die grootste verskeidenheid van rubriekskrywers en standpunte. Ons weerstaan die druk van dié wat ’n soort Fox News-knusheid soek en net hul eie oortuigings, sonder enige teenspraak, verwoord wil sien – hetsy regs of links – want dit is wat die twee groepe so eenders maak.

Ons posisioneer dus nie deur per se teen iemand te wees nie. Maar om saam met ons lesers na nugter en realistiese antwoorde te soek. En waar moontlik ’n wye verskeidenheid van nuus te bied.

Kom ons benut die drukkersink terwyl dit nog vloei.

  • Beukman is redakteur van Beeld.
Meer oor:  Barnard Beukman  |  Koerantwese  |  Media24
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.