Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Koop jou Afrikaanse koerante, of . . .
Johan van Wyk

Riaan Cruywagen (met nie ’n enkele grys haar in sy pragtige swart kuif nie!) probeer baie hard om ons in met ’n huppel in die stap, die ietwat pretensieuse “program vir sestigplussers” op TV, die teendeel wys te maak, maar soos boerdery bly oudword ’n bliksem.

Wat wel waar is, is dat nie baie mense van in die 80 nog ’n boek van 300 bladsye kan skryf nie. As oudword nie vir sissies is nie, skryf nog minder. Vat my woord daarvoor.

Toe ek ná my eerste jaar by die ou Nasionale Pers tuiskom, wou my pa bekommerd weet hoekom ek so maer is en het hy gemaan: “Hulle gaan jou voor jou tyd oud maak, jy moes eerder kom boer het!”

“Many a truth is spoken in jest.”

Anders as Riaan Cruywagen op 70 plus, raai ek, het ek op 40 nie ’n enkele haar op my hoof gehad nie, laat staan nog swart!

Anders as Riaan Cruywagen op 70 plus, raai ek, het ek op 40 nie ’n enkele haar op my hoof gehad nie, laat staan nog swart! Hulle het op ’n streep gelê langs tikmasjiene en in die skaduwee van die rolperse wat Nasionale Pers se koerante en tydskrifte dag ná dag en nag ná nag in ’n nimmereindigende stroom uitgespoeg het.

Nie Ton Vosloo nie. Toe ek die getekende eksemplaar van sy pas verskene memoirs, Oor grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering, uit die bruin koevert haal waarin sy staatmaker, Johannes Adonis, dit warm van die drukpers af uit Kaapstad by my voordeur kom aflewer het, was ek opnuut jaloers op sy “trademark”, daardie pragtige, welige silwergrys maanhaar op die stofomslag. “Eat your heart out”, Richard Gere en Paul Newman!

Ek soek die resep hiervoor. Ek begeer my lewe lank nog so ’n kuif!

Ek soek die resep hiervoor. Ek begeer my lewe lank nog so ’n kuif! Dis nie al wat my getref het nie. Die vriendelike dienswilligheid en minsame nederigheid van Johannes Adonis het my opnuut onder die besef gebring van wat ons, ja ons, die Nasionale Party en sy meeloper, die ou Na-sionale Pers voordat hy die lig gesien, bruin mense onder apartheid aangedoen het.

Ek het nie soos sommige opstandige joernaliste van Nasionale Pers by die Waarheid-en-versoeningskommissie gaan huil nie, ’n destydse opspraakwekkende episode wat die ou orde binne die Nasionale Pers nogal geruk het.

Dit word volledig deur Vosloo behandel en bring hom by ’n verrassende slotsom. Hy gaan ook niemand se voete was nie, maar het diep in sy hart berou oor die seer wat daardie onreg veroorsaak het. Dat wit en bruin se lotgevalle sedertdien verenig is, is een van die mees positiewe veranderinge wat die nuwe Suid-Afrika meegebring het.

Ek gaan niks verder oor hierdie boeiende boek, geskryf in keurige, korrekte Afrikaans soos net ’n goeie joernalis dit kan doen, verklap nie. Behalwe dit: As jy ernstig is oor die oorle-wing van Afrikaans en die voortbestaan van gedrukte koerante, koop daardie koerante, of aanvaar dat ’n dag sal aanbreek dat Naspers sy rolperse sal afbreek en as skroot verkoop. Nie te ver in die nabye toekoms nie.

En hou jou Naspers-aandele.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.