Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Kritiek op DA oor Afrikaans nie geregverdig

In die aanloop tot vanjaar se verkiesing loop die DA al hoe meer onder kritiek deur dat hy hom heeltemal te min aan Afrikaans steur en dat hy nie genoeg doen om Afrikaanssprekendes se stemme te verdien nie.

Sommige mense put selfs genot daaruit om op sosiale media te verkondig dat hulle uitsien na die verkiesing omdat hulle op 8 Mei nié vir die DA gaan stem nie.

Gert van der Westhuizen

Is sulke kritiek geregverdig?

Die DA is al sedert die vorige verkiesing en die munisipale verkiesing van 2016 ’n party wat seker nie hoef te vry na die stemme van ontgogelde wit Afrikaanssprekendes nie. Die DA het baie moed uit sy vertonings in dié verkiesings geput omdat hy sy steunbasis uitgebrei het onder swart kiesers.

Dié groei het meegebring dat die DA ’n party in oorgang is – daar is ’n deurlopende debat oor watter rigting hy moet inslaan wat beleid betref en hoe hy hom aantrekliker vir meer kiesers kan maak sodat hy ’n werklik groot party met steun van 30% of meer kan word.

Hoewel talle politieke ontleders voorspel dat die DA dié teiken nie naastenby gaan haal nie en dat hy eerder steun gaan verloor, is hy hard aan die werk om ’n nuwe party vir ’n nuwe Suid-Afrika te probeer wees.

Die DA lê groot klem op versoening tussen almal in die land, ’n droom van die ANC van oudpres. Nelson Mandela wat sedert oudpres. Jacob Zuma se termyn byna heeltemal vervaag het. ’n Mens kry die indruk dat Mmusi Maimane, leier van die DA, soms net te hard probeer om homself as ’n soort Mandela-figuur voor te stel.

Maar die DA se droom van versoening bly nietemin lofwaardig; elke dag wat verbygaan sonder versoening of pogings tot versoening tussen die mense van Suid-Afrika in ’n era van toenemende populisme is ’n verlore geleentheid wat betreur moet word.

Die strewe na versoening beteken wel dat die DA hom nie kan bemoei met die eng belange van sekere groepe nie. Groepvorming is die laaste ding wat die DA wil hê en daarom kan hy nie op elke beskikbare seepkis klim om ’n geraas oor Afrikaans te maak nie.

Die strewe na versoening beteken wel dat die DA hom nie kan bemoei met die eng belange van sekere groepe nie. Groepvorming is die laaste ding wat die DA wil hê...

’n Party in Suid-Afrika wat sy steun wil uitbrei, kan eenvoudig nie spesiale klem lê op die belange van ’n groep wat minder as 10% van die bevolking uitmaak nie.

Dit is veel beter om ’n sterk party te word wat werklik teenstand teen die ANC kan bied.

’n Sterk opposisieparty kan verseker dat die Grondwet eerbiedig en Afrikaans en Afrikaanssprekendes se belange sodoende beskerm word.

Afrikaans bly in elk geval op die nasionale agenda danksy sy polsende postapartheid-kultuur en kleiner partye, soos die VF Plus, wat dit gereeld aan die groot openbare klok in die parlement hang.

Die VF Plus is ’n klein par-ty wat in die vorige verkie-sing in die omgewing van 165 000 stemme getrek het en vanjaar na ’n beskeie 1 miljoen mik.

Hy soek nie massasteun nie en kan daarom bekostig om on­beskaamd Afrikaans te wees, soos dr. Pieter Groenewald, sy leier, al gesê het.

Dít is iets wat die DA nie kan wees nie. Hy moet probeer om ’n party vir álmal te wees.

Dit is baie moeilik in ’n land soos Suid-Afrika, waar baie steeds aan die groep­belange van die verlede vasklou en nog volgens ou partylojaliteite stem.

En ’n beter bewys daarvan kan daar seker nie wees as die kritiek op die DA oor sy houding jeens Afrikaans nie.

  • Van der Westhuizen is Netwerk24 se stemmeredakteur.
Meer oor:  Verkiesing  |  Afrikaans  |  Da  |  Kritiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.