SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Menings
Kultuur van verwoesting móét end kry
Raymond Willemse

Die #FeesMustFall-beweging wat in 2015 by tersiêre instellings posgevat het, is ’n deurslaggewende oomblik in ons land se geskiedenis.

Die beweging het begin toe studente teen stygende klasgeld betoog het. Later het dit uitgebrei om eise vir gratis hoër onderwys in te sluit omdat studiegeld al hoe meer onbekostigbaar geraak en dit talle studente, veral arm studente, uitgesluit het.

Die optrede van die studente-aktiviste het onder meer daartoe bygedra dat oudpres. Jacob Zuma, met twyfelagtige motiewe, in Desember gratis onderrig aan universiteite vir kwalifiserende, verdienstelike en behoeftige studente aangekondig het.

Dit is vanjaar vir eerstejaar-studente ingestel, met infasering vir alle studente wat oor die komende jare gaan volg.

’n Beweging wat vreedsaam begin het, het gou weens die optrede van sommige studente in gewelddadige betogings ontaard.

Volgens syfers wat Naledi Pandor, minister van hoër onderwys, bekend gemaak het, beloop die skade wat gedurende die betogings aangerig is sowat R800 miljoen.

Talle studente is weens verskeie misdrywe tydens die betogings in hegtenis geneem.

Talle studente is weens verskeie misdrywe tydens die betogings in hegtenis geneem. Van hulle is reeds gevonnis en ander word nog strafregtelik vervolg en wag om te hoor wat hul lot gaan wees.

Van die aanklagte wissel van openbare geweld, die besit van gevaarlike wapens, aanranding met die doel om ernstig te beseer, intimidasie, die besit van plofstowwe en brandstigting.

Uit die aanklagte is dit duidelik dat van die studente met voorbedagte rade opgetree het met die doel om misdaad te pleeg. Medestudente dring nou aan op amnestie vir diegene wat met die gereg gebots het.

Versoeke vir presidensiële kwytskelding van dié wat skuldig bevind is of aangekla is van misdrywe tydens hierdie betogings word vanuit verskillende oorde, veral die ANC en EFF, ondersteun.

Wat kommerwekkend is, is dat Michael Masutha, minister van justisie, wie se verantwoordelikheid dit is om reg te laat geskied, aangedui het dat hy die amnestie-aansoek steun en alternatiewe oplossings vir die skuldiges aanbeveel.

As dit die geval is, gaan dit ’n kommerwekkende presedent skep.

Diegene wat hulle aan geweld skuldig gemaak het, is nie aktiviste nie maar misdadigers.

Hulle moet tot verantwoording geroep word vir hul aandeel in die verwoesting, vervolg word en ’n gepaste vonnis vir hul misdade opgelê word.

Wanneer gaan politici ophou agteroorbuig vir misdadigers wat die land gyselaar hou as hulle nie hul sin kry nie?

’n Sterk boodskap moet as afskrikmiddel gestuur word dat streng opgetree sal word teen enigeen wat by misdrywe betrokke is.

Die kultuur van verwoesting tydens optogte moet êrens ’n nekslag toegedien word. So nie gaan Suid-Afrika nog net dieper in ’n put van wetteloosheid wegsak.

Met gewelddadige optrede regverdig die doel nie die middele nie.

  • Ons kan nie wetteloosheid bevorder deur misdadigers vir hul misdade te beloon nie. Willemse is hoof van Beeld se metroprojekte.
Meer oor:  Betogings  |  #Feesmustfall  |  Protes  |  Studente  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.