Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Kyk uit vir Bob en Grace langs jou in die Spur
Charles Smith

Grace Mugabe is soek.

Gerugte wil dit hê dat sy vrou-alleen en op hoëhakskoene met ’n kabelkoord teen drie bataljons van die Zimbabwiese weermag in Matabeleland veg.

Ander het weer Gucci Grace, wat op een dag amper R1 miljoen in ontwerperswinkels in Parys, Frankryk, spandeer het, huilend oor ’n koppie koffie in Sandton gesien, klouend aan ’n Louis Vuitton-handsakkie.

Die werklikheid is waarskynlik iets waarmee ons vrede sal moet maak: Robert en Grace Mugabe wat langs jou in die Spur ontbyt geniet, met Grace wat die 93-jarige gewese diktator se spek en eiers fyner sny.

Want van alles wat jy in die volgende paar dae oor die Mugabes gaan hoor, sal jy die minste die Suid-Afrikaanse regering se strooi kan glo.

So seker as wat Zimbabwe opgefoeter is deur dié twee, gaan Jacob Zuma en sy kroeks hulle hier ’n plekke aanbied om hul gesteelde dollars te spandeer.

En jy gaan betaal - net soos jy vir die Guptas se troue en Nkandla betaal het.

As jy dus by die Spur uitstap, sê vir die bestuurder daai twee – die een met die Hitler-snorretjie en sy vrou met die $1000-jassie – sal betaal. Hulle het klaar jou geld gevat.

En jy gaan betaal - net soos jy vir die Guptas se troue en Nkandla betaal het.

As die ANC in die Mangaung-metro nie reeds ’n Zuma-kader in Ketsebae Kgamanyane as hoof van die nuwe metropolisie aangestel het nie (waarvoor hulle nie ’n sent het nie), sou jy geweet het kameraad Mugabe sal dié joppie kry. Hy en Olly Mlamleli, burgemeester, sal darem goed klaar kom, dis verseker. So vinnig soos Mugabe die vrugbare Zimbabwe verwoes het, so vinnig sink ons geliefde Bloemfontein onder Olly en die ANC.

Nou, ná ’n week sonder water, wil sy ’n verklaring uitreik. Die stad beleef sy ergste krisis nog en sy oorweeg ’n verklaring.

Nes ou Bob se verklaring in sy paleis toe hy eers vasgeskop het om te skedêdel en die generaal die bladsye onder sy neus weggeruk het. Die diktator, sonder selfs Grace aan sy sy, lees net aan, prewelend, sonder dat hy iets agterkom.

Die kroekfaksie in die ANC se tyd is vinnig besig om soos Bob en Grace s’n uit te loop, veral die Nkandla-klên s’n. As ek hy is, sal ek al my kjênners, koeie en hoenders bymekaar jaag dat ek kan skoert as die volk oor die bult gestorm kom.

Want hol gaan hy hol. En die volk gaan nie val vir Nkosazana Dlamini-Zuma om vir hom in te staan nie. Soos ’n plakkaat met Grace Mugabe se gesig dié week in Harare gelui het: Leierskap is nie seksueel oordraagbaar nie.

Ons weet wel maglus, wreedheid, arrogansie en korrupsie is geweldig aansteeklik tussen leiers van eertydse vryheidsbewegings.

Die kans is goed dat jy binnekort ou JZ langs jou in die kêffie se tou sien staan vir sy halwe brood en sny polonie. Soos miljoene van ons in ’n land wat hy opgedinges het.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Grace Mugabe  |  Belastingbetalers  |  Korrupsie  |  Spur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.