Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Kyk wie snel Zuma te hulp in sy nood

Die ANC se vroueliga, daardie stoere vegter vir vroueregte, lei weer vanuit die voorhoede.

Bathabile Dlamini, ligaleier, het uitgevaar teen regter Dhaya Pillay wat glo ’n vendetta teen Jacob Regop voer.

Dis nou omdat sy ’n lasbrief uitgereik het toe hy nie by die hof opgedaag het nie, maar ’n bekonkelde siekbriefie gestuur het.

Toe ook sommer ingeklim oor die “patriargale media” wat vroue se regte vertrap omdat dit deur “ ’n spul konserwatiewe wit mans” besit word.

Dis nou die einste Dlamini wat so hard geveg het om die patriargale Jacob Regop in sy pos te hou.

Die einste Dlamini wat die vroueliga se afvaardiging na die ANC-konferensie met ses mans “versterk” het omdat “vroue soms te emosioneel raak” en die mans daar moet wees om “as kundiges te redeneer”.

Lyk vir Vryburger of Dlamini geen hulp van die konserwatiewe wit mans nodig het om ’n seksistiese patriargie in stand te hou nie.

spot

Wat maak ou Careltjie daar?

“Jy sal aan jou vriende geken word”, is die uitdrukking wat by Vryburger opgekom het toe hy sien wie naas Dlamini steeds by die eertydse Nommer Een in sy uur van nood staan.

Dis niemand anders nie as ou “dominee” Carl Niehaus – deesdae ’n “soldaat” van Umkhonto we Sizwe se militêre veteranevereniging.

Vryburger het gedink hy sien Niehaus nooit weer ná sy vorige skandes nie, maar daar is wel hoop. Die goeie mense van die uiters afgeleë eilandgroep Tristan da Cunha (daar is 260 van hulle) sukkel glo om ’n predikant te kry. Vryburger beroep Niehaus om die bediening daar op te neem in ’n wen-wen-aanstelling: Tristan da Cunha kry ’n predikant, en Suid-Afrika verloor Carl Niehaus.

Meer oor:  Vryeburger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.