Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Laat die lied van die dooies deur land eggo

Die Britse fliek The song of names (tans op Box Office op DStv) is ’n emosionele reis diep in die hart van pyn en verlies wat elke Suid-Afrikaner gerus kan kyk.

Dit gaan oor die geniale Pools-Joodse violis David Eli Rapoport wat in Brittanje lesse kry, maar op die aand van sy eerste groot konsert verdwyn. Altesaam 35 jaar later soek sy Britse “broer” Martin na hom.

David het die dag in ’n sinagoge in Londen beland waar die Poolse Jode wat deur die Nazi’s uitgewis is se name tot ’n lang lied verwerk is. Só sal hulle vir ewig onthou word.

Die deel waar die rabbi die name van al die Rapoports sing – al sy gesinslede ingesluit – in ’n hartverskeurende klaaglied gryp ’n mens aan. Dis ’n intense oomblik. Die pyn van die Tweede Wêreldoorlog word hier in ’n paar strofes vas-gevang,

David het dit eindelik sy missie gemaak om die klaaglied te komponeer en het dit later op die doodsveld by Treblinka in Pole gaan speel waar sy gesin saam met tot 900 000 Jode uitgemoor is. Die musiek is snydend en roerend. Dit dwing jou om te dink waartoe die mens in staat is en hoe ons dekades later steeds worstel om die trauma te oorkom.

Dalk is ek net ge-weldig kwesbaar op die Covid-19-slagveld met mense wat orals sterf, maar die storie het my meegevoer. Ek het gedink aan al die offers wat ons elke dag in die land betaal en dat ons nooit eens kans kry om te rou en die trauma te oorkom nie.

Ons moet die name uitroep van die wat van honger sterf in die inperkingstyd terwyl die ANC-kaders die geld steel.

Ons het ’n lied vir die dooies nodig in ons geknelde land. Vir die name van die Treblinka-kamp het vyf rabbi’s een keer per jaar om die beurt vyf dae lank die name van die gestorwenes geprewel in ’n epiese gebed wat in die bewussyn van die lewendes bly eggo. In ons land het net soveel mense in die 25 jaar van demokrasie gesterf as in die drie jaar wat die kamp deur Hitler se moordenaars ingespan is om massas mense in gaskamers uit te wis.

Al ons kerke en gemeenskapsorganisasies kan ’n gebedsketting vorm en die name van die dooies uitsing vir die wêreld om te hoor.

Ons moet die name uitroep van die wat van honger sterf in die inperkingstyd terwyl die ANC-kaders die geld steel.

Ons moet die name van vroue en kinders uitsing wat die slagoffers van geweld is; die vroue en meisies wat wreed verkrag en vermoor word; die babas wat die slagoffers van ’n siek gemeenskap is.

Die name van elke boer, boervrou, bejaarde en plaaswerker wat deur booswigte aangeval en wreed gemartel word deur hulle met strykysters te brand en te sny, moet deur die valleie en vlaktes van ons land eggo.

Laat almal die name hoor en stil word.

Die lied moet hoop gee en troos bied in die hopeloosheid.

Mag dit die God van hemel en aarde behaag dat ’n regering besef dat hy toelaat dat ons ’n moordkamp word so erg soos Treblinka.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.