Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Leer om te luister vir dit wat ongesê bly

“ ’n Joernalis en ’n verantwoordelike kieser moet krities kan lees en luister,” was my boodskap aan my kommunikasiekundestudente in my doseerdae. Kan jy die werklike betekenis agter woorde raaksien? Propagandiste steek graag hul werklike bedoelings agter mooi woorde weg.

Laurent Kabila het in 1997 oudpres. Mobutu Sese Seko gekritiseer weens ’n gebrek aan demokrasie in Zaïre. Kabila raak daarna met geweld van sy teenstander ontslae. Sy eerste besluit as nuwe president is om “Zaïre” se naam te verander na die “Demokratiese Republiek van die Kongo”. Sy tweede besluit was om alle politieke partye te verbied. Hoe demokraties is dit?

Voor Duitsland se eenwording het ek ’n heftige argument met ’n Amerikaner. Op TV moedig hy die Kommunistiese Oos-Duitse atlete aan en hy jou die Wes-Duitse atlete uit. Sy argument: “Oos-Duitsland is aan Amerika se kant omdat ‘demokraties’ deel is van sy amptelike naam: ‘Die Duitse Demokratiese Republiek’. Die ander Duitse atlete moet dan die Kommuniste wees wat die haatlike Berlynse Muur gebou het,” redeneer hy verkeerdelik.

Mark Fish, Pat Symcox en Boeta Dippenaar het die laaste tyd dit gewaag om hul mening oor #BlackLivesMatter uit te spreek. “Verkeerd-praat” in debatte is vandag ’n groot sonde. “Verkeerd-praat” is die teenpool van “politieke korrektheid”. Daarom word verwag dat jy jou woorde mooi moet kies. Omdat hul woordkeuse en mening van die “konsensusmening” afgewyk het, is hulle op sosiale media gekruisig en gevloek.

Ek het Andrew Mlangeni, wat verlede week dood is, in die parlement leer ken as ’n goeie, gawe “omie”. In 1964 het die koerante na hom as ’n “terroris” verwys omdat hy militêre opleiding in die buiteland gehad het en deel was van ’n ANC-beplande geweld- en sabotasiepoging teen die destydse NP-regering.

Ek het Andrew Mlangeni, wat verlede week dood is, in die parlement leer ken as ’n goeie, gawe “omie”. In 1964 het die koerante na hom as ’n “terroris” verwys omdat hy militêre opleiding in die buiteland gehad het en deel was van ’n ANC-beplande geweld- en sabotasiepoging teen die destydse NP-regering.

In die media is hy vandag ’n “vryheidsvegter” en nie ’n “terroris” nie. As jy by die ANC gewild wil wees, praat jy ook vandag van die “NP-regime” – nie “NP-regering” nie. ’n “Regime” is ’n soort onwettige regering! Om te weet wat die regte woorde is om te gebruik, hang dus meer af van die datum, 1964 of 2020, as van die inhoud daarvan.

Dieselfde met “regstellende aksie”. Jy durf nie daarna as “verkeerd-stellende aksie” verwys omdat jou kind met agt onderskeidings nie vir medies gekeur is omdat sy wit is nie. Jy is ook in die moeilikheid as jy na “swart bemagtiging” as “elite bemagtiging” verwys omdat minder as 10% van swart mense in 25 jaar daardeur bevoordeel is.

’n Impulsiewe leier weet nie altyd wat hy sê nie. Daarteenoor weet ’n strategiese leier presies wat hy nié sê nie. Daarom moet ’n joernalis of kieser die vermoë ontwikkel om te luister vir wat berekend weggelaat is.

Pres. Cyril Ramaphosa se swye oor plaasmoorde val in dié kategorie. Sy swye kan nie meer as ’n onskuldig neutrale standpunt beskou word nie. As van een taal na ’n ander getolk word, verander woorde se betekenis ook maklik.

As die ANC maar meer wou bou en minder propaganda-woorde gebruik en afbreek, sal dit ook beter gaan.

Regter Theunie Steyn wou met sy eerste toespraak as nuwe administrateur van die destydse Suidwes-Afrika die inwoners met sy onpartydigheid beïndruk. Onwaar skinderstories het gelui dat die Broederbond en Vrymesselary in Suidwes-Afrika se sake inmeng. Daarom spring hy in Engels weg met:

“I have never been a member of the Broederbond.”

Tolk: “Die man sê hy het nie broers nie en het nooit broers gehad nie.”

Regter Steyn: “And I have never­ been a Freemason.”

Tolk: “Die man sê hy bou nie verniet nie.”

As die ANC maar meer wou bou en minder propaganda-woorde gebruik en afbreek, sal dit ook beter gaan.

  • Dr. Mulder is ’n voormalige parlementslid en professor.
Meer oor:  Menings  |  Saterdag Brandpunt  |  Pieter Mulder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.