Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lente is straks in die lug vir SA se omgewingsake
Tony Weaver

Lente. Die seisoen van vernuwing, groei, optimisme, ’n trefwoord om klein revolusies te beskryf – die Paryse Lente, die Praagse Lente, die Arabiese Lente.

’n Meer onheilspellende gebruik van die woord is die titel van Rachel Carson se skokkende boek Silent Spring, oor hoe plaagdoders, en veral DDT, die aarde verander. Dis een van die invloedrykste werke van ons tyd, ’n boek wat beskou word as die geboorte van die moderne omgewingsbeweging en van “diep ekologie”.

Hier in Suid-Afrika verrys ons uit ons eie seisoen – die lang, gure winter van die Jacob Zuma-jare waarin korrupsie deel geword het van ons staatsbestel, en die term “staatskaping” deel van ons woordeskat.

’n Kernelement van staatskaping, en van daardie lang, gure winter, was ons energiesektor. Kernkragooreenkomste met Rusland, steenkoolmyne wat die nuwe goudmyne geword het, verskaffingskontrakte met die Guptas, Eskom wat geplunder is en die infrastruktuur wat kaal gestroop is deur die korrupte elite wat die kroonjuwele gesteel het.

Maar luister, is dit ’n piet-my-vrou wat ek in die gange van die staat hoor roep?

Maar luister, is dit ’n piet-my-vrou wat ek in die gange van die staat hoor roep? Die voëltjie het nog altyd die lente in Suid-Afrika aangekondig: Sy Zoeloe-naam, uphezukomkhono, beteken “op die arm” – die seisoen om jou arm aan die skoffel en ploeg te sit en die lande reg te kry vir die somerreënval. Daar is tekens dat ons eie stil lente, ons eie uphezukomkhono, aangebreek het.

’n Frase hier, ’n verklaring daar, die gebruik van taal deur ons politici wat aandui dat nuwe begrip oor ons omgewing posvat.

Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, praat byvoorbeeld dié taal. Op 1 Oktober het sy gepraat oor die ontwikkeling van “bewaringsbewustheid” onder alle Suid-Afrikaners en gesê dat “klimaatverandering, die verlies van biodiversiteit en omgewingsagteruitgang nou gebeur”.

Sy het gepraat oor die noodsaak om besluite in wetenskap te grond – ’n anker vir progressiewe bewaring wêreldwyd, en iets wat Donald Trump nie verstaan nie.

Nog belangriker, en iets wat totaal onder die radar beweeg het, was die verklaring van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) op 2 Oktober.

Dit beteken die NUK het aanvaar dat steenkool ouderwets is en dat daar ’n “regverdige oorgang” moet wees.

Die impak van klimaatverandering word genoem, en die NUK het gesê die “geïntegreerde hulpbronplan moet voorsiening maak vir die goedkoopste opsie van die toekomstige energiemengsel vir Suid-Afrika met vergrote bydraes deur hernubare bronne. Die NUK het ingestem om ’n strategie uit te bou vir ’n regverdige oorgang na ’n pad van ontwikkeling waar min koolstof gebruik word”.

Die kombinasie van frases soos “goedkoop”, “regverdige oorgang”, “hernubare energie” en “min koolstof” is sag, maar aardskuddend, ’n stil lente, uphezukomkhono.

Dit beteken die NUK het aanvaar dat steenkool ouderwets is en dat daar ’n “regverdige oorgang” moet wees – ’n vakbondfrase wat daarop dui dat werksgeleenthede in die nuwe metodes van volhoubare produksie geïntegreer moet word.

Dit is ’n teken dat die nuwe pad die “goedkoopste” (dus hernubare bronne) en “min koolstof” (hernubare bronne) sal wees.

Ek hou nie my asem op nie, maar as ek kernkrag en steenkoolmyne se nommer een-rasieleier, Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, was, sou ek nou baie stil wees.

Lente is in die lug.

Meer oor:  Nuk  |  Tony Weaver  |  Omgewingsake  |  Steenkool  |  Omgewingsbewaring  |  Lente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.