Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Liewe Man: Ek sien jou. Ek eer jou.

Sy bel my vroegoggend in paniek.

Asseblief, sê sy, sy het my hulp nodig. Die spreker vir ’n ontbyt wat sy gereël het, het op die nippertjie gekanselleer.

Kan ek uithelp?

Sal ek asseblief die spreker kom wees?

My keel trek toe . . . Mense neem aan dis ’n maklike en natuurlike ding vir my om te doen omdat ek ’n aktrise is.

Dit is nie.

Sommige mense is goed daarmee, ander nie. Ek val in die laaste kategorie. En ek sê dit vir haar.

Sy gee nie om nie, sê sy. Kom net. Dis vir ’n goeie doel, dis vir Movember se bewusmaking van prostaatkanker. En ja, dis net ’n klomp mans.

Ek stem in. Maar ek bel my hartsvriend en mede-akteur, Brendon Daniels, om saam te kom. Hy is goed met hierdie tipe van goed. Hy praat uit sy hart uit.

Want hy ken van swaarkry. Van weerloos wees.

Van sy hart op sy mou dra.

En saam met my, voor ’n klomp mans, is hy weerloos. Maak hy sy hart oop. Voor mans wat nie daaraan gewoond is nie.

Ek hou hulle dop. En sien hoe hulle koppe knik. Hulle oë sagter word. Want hulle het toestemming om te vóél. ’n Traan te pik. Sonder om geoordeel te word.

En my hart gaan uit na hierdie mans. Hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse mans. Wat ook sukkel om die skyn te bewaar van sterk wees. Om vir hul gesinne te sorg. Hulle probeer om aan die veilige kant te bly.

’n Vriend van my se seun en dié se twee vriende is onlangs as gyselaar gehou. Met toue vasgebind, vuurwapens teen die kop. Hulle is wel ongedeerd teruggekry. Dank die vader.

Maar my vriend is getraumatiseer. Ween van die pyn van wat met sy kind gebeur het. “Ek voel soos ’n whimp,” snik hy tussen die trane.

Jy mag maar huil, sê ek vir hom. Skree van frustrasie as dit moet.

Want ek, Vrou, sien en eer jou, Man. En ek dink nie jy hoor dit genoeg nie. Weet dit dalk nie eens nie.

Ek weet nie wie die volgende geskryf het nie, maar dit was vir my so ontsettend mooi:

“Dear Masculine Energy. We understand how much you had to endure, how numb you had to be in order to function in the world built on war, deceit and exploitation. We understand desire to escape facing the deepest part of your being because what you will find there will be shattering to witness. We would also like to let you know . . . we need you resurrected, we cannot do this on our own, we need our warrior back, our father, our brother, our friend, lover, ally, partner . . . We need you unchained, unmasked. We need you brave, courageous. We need you strong. Hear our call now . . .

“Take off the blindfold, take off the chains. All sentient beings on this planet depend on your arrival. Awaken, beloved. Your Femine.”

Maak los jou kettings. Jy mag maar.

Want ons hou jou styf, styf vas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.