Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Liewer troue hou as nog ’n All Black-toets

Ai, mense, is daar nie ’n ou bruidjie wat my die komende Saterdagoggend na haar troue toe wil nooi nie?

Ja, sussie, en al ken jy oom nie van Adam af nie, sal oom vir jou ’n mooi geskenk saambring.

Nee, nie ’n sak vol geld nie, maar ’n slow cooker. ’n Ou staatmakertjie wat by die ou ruimtekapsulestoompotte oorgevat het.

Blouwillem

O ja, en hierdie aanbod geld net ’n oggendtroue waar die troumars en die gebeier van kerkklokke verkieslik presies halftien inval, op die presiese oomblik dat die All Blacks die haka daar in Wellington voor ’n verslane en verslae Bokspan uitpak.

Ag, sussie, kom oom maak dit sommer twee slow cookers. Jy kan die tweede een ná ’n jaar gaan omruil vir babadoeke.

Dik Daan sê ’n oggendtroue is in elk geval vir hom ’n goeie idee.

“As die huwelik nie uitwerk nie, kan die gompie darem dan nog die middag so nege putjies gholf inkry,” reken hy, wat amper ’n halfeeu getrou en getroud is.

Maar so van die stadige koker gepraat: jy kry mos deesdae as jy troue toe gaan maande voor die tyd ’n wenslys van die bruidjie waar jy jou naam op ’n register van ’n groot winkel moet sit om te sê vir watter item jy sal pa staan.

“Nee, meneer, die broodrooster, ketel en wafelmaker is reeds gevat, maar as u wil, kan u die yskas met ingeboude TV, ysmaker en radio opsit. Dié is net R24 000 met die spesiale afslag.” En as die troupaartjie albei oor die 70 is, is daai wenslys nie meer by ’n winkel met huishoudelike ware nie, maar by ’n groot apteekgroep soos Dissiek.

“Nee, meneer, die jaarvoorraad vitamiene en Viagra is reeds gevat, maar die loopraam en commode is nog beskikbaar.”

In hierdie dae wat die resessiespook weer volspoed loop, bly ou Kabous se plan met trougeskenke vir my nog die beste.

Waar’s die dae toe ons nog self kon besluit wat ons gee?!

Omdat ons ou tweetjies doerie tyd daar in Kroonstad omtrent van alles dubbels as geskenk gekry het, het ons vandag nog minstens sewe glase oor wat nie by mekaar of by enigiets anders as óns pas nie, maar ons hét hulle nog! Nou lees ek onlangs van Bruidzilla daar in Kanada wat aangedring het daarop dat elke trougas meer as R16 000 betaal om die troue te kan bywoon (RSVP, tjek ingesluit).

Verbeel jou, meer cheek as ’n muishond, sou my oorlede skoonpa sê.

Een van daai bruidjies wat so voorskryf en nie omgee dat haar aanstaande die broek in die huis dra nie, solank die sakke net vol geld is.

In hierdie dae wat die resessiespook weer volspoed loop, bly ou Kabous se plan met trougeskenke vir my nog die beste.

Kabous het met sy troue ’n potjiekosdag ge­reël.

Gaste moes in groepe van tien ’n pot kos op die vure kom gaarmaak met eie bestanddele. En die wenner van die kompetisie kon vir hulle ’n trougeskenk daar voor gaan uitsoek. Maklik, my liewe Bruidzilla!

Meer oor:  Blouwillemaandag  |  Rubrieke  |  Menings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.