Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lig van hoop in tye van donker

Die skrywer Dana Snyman verwys op Facebook na Eskom se “load shedding” as “hope shedding”.

Willie Spies

’n Mens beleef inderdaad die moedeloosheid van baie middelklas-Suid-Afrikaners wanneer beurtkrag vir die soveelste keer ingestel word, baie intens.

Beurtkrag is nou reeds 14 jaar ’n werklikheid in Suid-Afrika.

Die eerste groot kragonderbreking was in Desember 2007, dieselfde maand waarin Jacob Zuma die oorhand gekry het oor oud-pres. Thabo Mbeki op die ANC se leierskapskonferensie in Polokwane nadat die kernkragstasie in Koeberg tot stilstand gekom het. Oudminister Alec Irwin het dit destyds aan sabotasie toegeskryf.

Skaars vier maande later het Suid-Afrikaners vir die eerste keer gehoor van die nuwe beurtkrag-reëling, wat nou reeds oorbekend is.

Die rede in April 2008 was dat kragstasies roetine-instandhoudingswerk moes doen en dat voorrade steenkool opgebou moes word om vir die komende winter van 2008 gereed te wees (asof Suid-Afrika in 2008 vir die eerste keer winter sou hê).

Maar die instandhoudingsprobleme, tekorte aan steenkool en krimpende opwekkingsvermoë het ook ’n aanloop gehad: Transnet se kwynende vermoë om die spoorinfrastruktuur vir die vervoer van onder meer steenkool vanaf die myne na die Hoëveldse kragstasies in stand te hou, het gelei tot die daarstelling van ’n netwerk van padvervoerkontrakteurs wat steenkool met vragmotors van die myne­ na die kragstasies sou aanry.

Molefe se “aksieplan” was dus ’n fyn uitgewerkte set wat die tafel daarvoor gedek het dat massale bedrae geld aan die Guptas en hul begunstigdes in besluitnemingsposisies betaal is.

Vereistes ingevolge swart ekonomiese bemagtiging by die kontraktering van myne wat steenkool verskaf en padvervoer om steenkool by die kragstasies uit te kry, het natuurlik ’n geweldige kostepremie gehad. Daarvan getuig die geweldige kragprysverhogings van die laaste paar jaar en die stukkende paaie in Mpumalanga se platteland. Regstellende aksie het ervare tegnici uitgedryf en instandhouding verder onder druk geplaas.

Van Januarie tot September 2015 het Suid-Afrika 99 dae van beurtkrag gehad. Brian Molefe, destydse Eskom-hoof, het kort daarna aangekondig dat ’n aksieplan ingestel is wat beurtkrag iets van die verlede sou maak. Suzanne Daniels, voormalige maatskappysekretaris van Eskom, het in Desember verlede jaar voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig dat Eskom in Desember 2015 ’n bedrag van R1,68 miljard aan die Gupta-geaffilieerde steenkoolgroep, Optimum Coal, vooruitbetaal het om hom in staat te stel om te verseker dat die steenkool-aanbod vir die land se kragstasies konstant gehou word.

Molefe se “aksieplan” was dus ’n fyn uitgewerkte set wat die tafel daarvoor gedek het dat massale bedrae geld aan die Guptas en hul begunstigdes in besluitnemingsposisies betaal is.

In Mei 2016 het Zuma aangekondig dat beurtkrag eens en vir altyd iets van die verlede is. Die plan het slegs twee en ’n half jaar gewerk, want tot middel 2018 was daar nie weer beurtkrag nie. Maar in Junie 2018, tydens ’n onbeskermde staking deur lede van die NUM en Numsa wat by Eskom in diens was, was beurtkrag terug. Dit was te midde van aantygings dat die vakbondlede die kragstasies gesaboteer het om stu­krag aan hul eise om meer geld te gee.

Die patroon van kragonderbrekings, bewerings van sabotasie en reddingsplanne teen ’n ruim premie het sino­niem met die Eskom-probleem geword.

Juis daarom is berigte oor Orania se inisiatiewe vir sonplase en selfstandige plaaslike kragopwekking, asook die onderhoud­ met André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, gister in Beeld oor sy regrukplanne vir Eskom ’n lig van hoop in die donker Eskom-tonnel.

  • Willie Spies is ’n prokureur van Hurter Spies Ing. en voorsitter van Pretoria FM.
Meer oor:  Kragverskaffing  |  Kragonderbrekings  |  Korrupsie  |  Eskom  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.