Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Loftus Marais: Ou ‘Star Trek’ kán mos nie so sleg vir mens wees as pizza

Dis winter en ek binge eat Pizza Hut en binge watch Netflix.

Die reekse wat ek kyk – dit nader ’n obsessie – is die Star Trek-reekse van die negentigerjare. The Next Generation. Deep Space Nine. Voyager.

Die nuwe Star Trek-reekse (Discovery en Picard) is gans te glad en selfbewus. Die oues het ’n eerlikheid.

Hoekom fassineer dié reekse my so? Is dit die stadiger pas? Daai wonderlike, uitgerekte, dramatiese oomblik, so met die musiek wat opklink en die skerm wat na swart verdof vir die advertensies? (O, toe TV nog advertensies gehad het.)

Is dit die eenvoudiger verhaallyne? Deesdae word mens so oordonder met plot jy’s skoon verbouereerd ná ’n episode.

Is dit die vreemde sjarme van die 4:3-beeldverhouding? (Toe TV nog sy intieme plek geken het.)

Of is dit die feit dat dit juis wetenskapsfiksie is? Jy kan nie verder van die hede vlug as na ’n plek waar hulle in alle erns debatteer oor dilithium crystals in warp drives nie.

Ja, dis dalk ontvlugting, maar, vreemd, nie na die toekoms nie – na die verlede. Die reekse vang iets van die 90’s vas. Dís hoekom ek aanhou kyk.

Die dramatiese, byna patriotiese orkesmusiek. Die swak special effects van verskeie planete en ruimteskepe. Die lomp grimering van die verskillende buiteruimtelike volkere – enorme rubbervoorkoppe, gepunte ore, ’n potblou gevreet met twee moerse kieue weerskante. Die diverse bemanning. O, die United Federation of Planets! Die diplomatieke weelde daarvan. Die probleme wat opgelos word. Die onderhandelings – ’n mens sal nie verras wees as Leon Wessels skielik in ’n Vulcan-toga op die skerm verskyn nie. Frases soos “Bajoran Provisional Government” en “Khitomer Accords”!

Ek giggel nou, maar ek’s ook ernstig. Die hoop van die 90’s. Die multikulturele gemak wat ons beloof is toe ek grootgeword het. Die toekoms van die verlede. Eenheid in diversiteit. Al die clichés wat vandag in die politiek en op Twitter afgelag word.

Was daardie optimisme net naïef?

Was die globale, post-Berlynse muur-politiek van die 90’s so onrealisties dat dit slegs kan voortleef in TV-vlak-wetenskapsfiksie?

Is Deep Space Nine ideologies gesproke net so sleg vir my soos wat Pizza Hut kardiologies gesproke vir my is?

Ek wil dit nie glo nie. En ek kan nie ophou kyk nie.

Meer oor:  Loftus Marais  |  Bekrek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.