Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Loftus se 250 toeskouers keer al amper terug
Blouwillem
Blouwillem

Swerfenisbraaidag lê en wag en ek is reg om Donderdag my verlede volstoom tegemoet te storm, al moet ek nog steeds my skaaptjoppies deur my spesiaal ontwerpte braaimasker aflek.

Ek is bevrees solank ek daai masker moet dra en nie in die kerk mag sing nie, ek maar net sowel op vlak vyf (of selfs ses) kan wees.

Maar wag, laat ek nou nie ondankbaar klink vir die paar vryhede wat ons teruggewen het nie. En ja toemaar, ek weet die masker is seker goed vir ons. Maar ai tog!

Met die dolle geskarrel van ons vorige lewe weer mooi op dreef, sien ek gister vriend Klipoog skryf: “Verlange na die verlede is ’n vrot plan vir die toekoms” en toe wonder ek of ek skuldig moet voel en bieg dat ek heimlik graag na die verre verlede hunker en, glo dit as jy wil, selfs na die onlangse verlede?

Toe die strate om my stil was.

Toe ek soggens ontbyt op die stoep gekry het.

Toe Weskus Hennie vir ons elke oggend die mooiste joutjoep musiek aangestuur het.

Toe daar behalwe honderde voëls op my werf, nie ’n ander teken van lewe was nie.

Toe my grassnyer gebreek was.

Toe Weskus Hennie vir ons elke oggend die mooiste joutjoep musiek aangestuur het.

Toe ek elke aand gebraai het omdat niemand my kon keer om vuur te maak op my eie werf nie.

En toe dominee Simson Sondagoggende tussen ons tweetjies in die kooi vir ons kom preek het (toemaar agbare kerkraad, ek bedoel net virtueel!).

Terwyl ek nou by dominee is, sal u my en vroulief asseblief langs hierdie weg in Sondag se beginspan kies, maar as dit nie kan nie, is ons selfs bereid om van die reserwebank af te speel.

Dominee moet maar sê of dit groot of klein sonde is as ek vir een keer meer na die orrel as na die preek uitsien.

Enigiets net om weer die orrel op “full blast from the past” te kan hoor.

Dominee moet maar sê of dit groot of klein sonde is as ek vir een keer meer na die orrel as na die preek uitsien.

O ja, en hoop nie dis voorbarig as ek vra dat u liefs nie oor die plae in Egipte sal preek nie en ek beplan dit nie, maar ek dink as die orrel “full blast” gaan, sal ek ook maar.

Ons mag wel nog nie lewendige sport toe nie, maar soos Dik Daan sê, met dié dat hy weer ’n paar balle kan rol, dink hy nie eens meer aan rugby nie.

Maar hy is dankbaar vir die Bulle se onthalwe dat as die hekke weer by Loftus oopmaak, hulle terug kan wees op hul250 toeskouer-kwota van VJ (dit staan vir Verlede Jaar of Voor Jake).

Ek wil ook laastens langs hierdie weg herinner aan nog twee belangrike swerfenisdatums.

Die eerste is oormôre se jaarlikse Fanusdag (terloops, die S-y-bie-sie het al in 1974 begin droogmaak toe hulle “Flink uit die vere” stopgesit het).

En volgende week se Oranjewillemaandag – wanneer elke Cheetah-ondersteuner én vriendelike andersdenkende oranje gaan aantrek uit protes teen rugbypolitiek, aardverwarming en veediefstal.

Meer oor:  Blouwillem  |  Toeskouers  |  Erfenisdag  |  Grendeltyd  |  Braaidag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.