Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood: Dringende sake vir CR se staatsrede gestuur

Oraloor is daar die versugting dat berigte oor pres. Cyril Ramaphosa (foto) se staatsrede nie die volgende opskrif sal dra nie: “Cyril gaaf, maar steeds vaag”.

Maar pleks van op die kantlyn staan en kla soos baie, het Lood skouer aan die wiel gesit en omvattende insette vir die toespraak aan die presidensie gestuur oor nasionale vraagstukke:

  • Wanneer begin melkproduksie op die Estina-melkplaas by Vrede?
  • Hoe vorder die ondersoek na die aflaai van beeste, wat vir opkomende boere bestem is, by Nkandla?
  • Gaan iemand aangekla word van Pierneef-skilderydiefstal by die Vrystaatse provinsiale geboue?
  • Wanneer word die parlement se eie aanhoudingselle gebou vir al die misdadigers onder ANC-LP’s?

Die land hou asem op vir die “Nuwe Daeraad”.

Howe bederf bruiloffees

Die Gupta-skelms leef hul buit uit met twee peperduur troues in die Auli-ski-oord in Indië. Die provinsie Uttarakhand, waar dit geleë is, het ’n dwarsklap van die hof gekry omdat hulle die Guptas wou toelaat om gaste met helikopters in die ekologies sensitiewe gebied te bring. “Die regering se prioriteit is die provinsie, nie ryk sakemanne uit Suid-Afrika nie,” het die hof gesê. En hulle verloor die Trillian-R600 miljoen. Eina.

Persone van die week

RAAKVATTER: Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. Sy het ’n ondersoek gelas na Zindzi Mandela, ambassadeur in Denemarke, se twiet-aanvalle op wit Suid-Afrikaners.

NAT VADOEK: Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Seker die eerste onderwyspolitikus wat leerlinge met skelname brandmerk. Hou dié spasie dop, die “klein basie”-ding gaan hom jaag. So hoor Lood.

Van kabinet tot kombuis

Piet en Nellie Minnaar van die Ruimtesig-aftreeoord in Faerie Glen is kunshandelaars en weet daarom sekerlik ook van allerlei oudhede. Met dié dat daar verwys word na pres. Cyril Ramaphosa se binnekring in die kabinet as sy “kombuiskabinet”, meen hulle daar is besluit die land het nie meer ’n kabinet nodig nie. “Want ’n kombuiskas is goed genoeg.”

Kan wees, Piet en Nellie. Dit maak sin teen die agtergrond van ministersvoordele wat so afgeskaal word.

Jul beker met ’n sakkie filterkoffie is in die pos. Stuur gerus bydraes na lood@beeld.com of sms dit na 45571. En begin dink aan voorstelle vir nuwe pryse . . .

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.