Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies

Grap koppel stelery van destyds en nou

Wel, almal wat hulle so verkneukel in die ANC en Jacob Zuma se Gupta-skandaal, moet net onthou die vorige bedeling het sy eie Inligtingskandaal gehad. Die historikus Fransjohan Pretorius herinner ons aan ’n historiese grappie van destyds:

Koos van der Merwe tender om ’n gebou vir die staat te bou. By navraag verduidelik hy sy prys van R3 miljoen: R1 miljoen vir boumateriaal, R1 miljoen vir arbeid en R1 miljoen as wins vir homself. Die destydse inligtingshoof, Eschel Rhoodie, het ook getender teen R9 miljoen. Sy uiteensetting: R3 miljoen vir julle, R3 miljoen vir myself en R3 miljoen vir die onnosele Koos wat die werk moet doen.

“Wat 40 jaar gelede ’n snaakse grap was, is vandag ’n gegewe,” meen Fransjohan. Hm, Lood wonder of dit ooit nié ’n gegewe was nie.

Foeta skep self sensasie

Foeta Krige val toe terug op die “slaan-die-boodskapper-”taktiek. Hy meen daar is “sensasioneel” berig oor sy boek The SABC 8 en dat dit in konteks gelees moet word. Dít toe sy weergawe van wyle Suna Venter se verhaal bevraagteken is. Die Suna-kwessie kan nie uit konteks oor ander sake aangehaal word nie. As daar enige sensasie was, was dit die boek self. Of word dit ook buite konteks op die boek se agterblad uitgelig?

Persone van die week

RAAKVATTER: Derek Hanekom. Hy is ook nou uit die parlement nadat hy op verrassende wyse uit die kabinet gelaat is deur die prez vir wie hy sy politieke lewe op die spel geplaas het. Hy kan sy kop hoog hou.

NAT VADOEK: Bathabile Dlamini. Terwyl die land juig omdat sy haar goed vat en uit die parlement loop, spoel sy haar mond in ’n bitterbekbrief uit. Die NVG moet nou regtig opskud met haar vervolging.

CR se stadige gif tref Ace

Ace Magashule, leier van die “barbare” – met erkenning aan Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank – se tjank word in sulke stukkies afgetrap. Stadig en vaag, maar seker begin Cyril Ramaphosa sy greep op die ANC kry. Nadat Ace sy hand oorspeel het oor die Reserwebank, mag hy nie meer oor die ekonomie praat nie. En nou ondersoek Kgalema Motlanthe hom ook. Sihle Zikalala, KwaZulu-Natal se premier, het boonop betekenisvolle steun vir CR uitgespreek.

Lood probeer soveel moontlik ’n kans gee, maar die geskiedenisprof s’n was al weer net te goed. Daar is ’n sterk klomp wat toustaan. Onthou, lood@beeld.com.

Meer oor:  Lood  |  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.