Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: 2020 skop af – en hóé

2020 skop af – en hóé

Dis duidelik in die sterre aangeteken: 2020 gaan ’n woelige politieke jaar wees. Januarie is skaars halfpad of ons hoor oudpres. Jacob Zuma ly aan ’n “geheime siekte” en staatskaping het selfs staatsbegrafnisse geïnfiltreer met buitensporige toekennings aan kontrakteurs – dis nou vir stoele, blomme en die etery agterna. En vir die eerste keer in die ANC se bestaan lewer sy 8 Januarie-verklaring en verjaardagviering (foto­) net mooi niks nuus op nie. Kimberley, waar die flou affêre aangebied is, het darem baat gevind omdat slaggate in die paaie inderhaas toegemaak is. Voorts is Eskom skielik sy voorsitter kwyt, maar beurtkrag bly. En Panyaza Lesufi was waarnemende premier van Gauteng.

Mabuza laat val Mabuza

Bult adj.pres. David (DD) Mabuza sy politieke spiere? Hy het skaars sy mond oopgemaak oor beurtkrag toe val Jabu Mabuza, Eskom-voorsitter, in sy swaard, juis midde-in toenemende druk op pres. Cyril Ramaphosa oor Eskom. Is die “lean and hungry look” van Cassius in Shakespeare se Julius Caesar by Mabuza te bespeur? Dis genoeg om jou koue rillings te gee.

Persone van die week

RAAKVATTER: Sipho Pityana, voorsitter van Besigheidseenheid Suid- Afrika. Dit vir sy pleidooi dat pres. Cyril Ramaphosa nie sy frustrerende styl van die heeltyd konsensus soek “oorbeklemtoon” nie. Tydige raad.

NAT VADOEK: Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, vir die gesloer met die afdanking van die korrupte ambassadeur Shirish Soni, wat uit Rome­ herroep is.

BITTERBEK: Magnus Heystek, beleggingsmous in negatiewe sentiment. So erg is dit dat hy nou by verstek ekonome en media aanval wat dit durf waag om iets positiefs oor Suid-Afrika of pres. CR te sê.

Hoeveel soos Anderson?

Uiteindelik het lt.kol. Christine Anderson die ware gebeure van die Gupta-familie se onwettige Waterkloof-landing voor die Zondo-kommissie onthul. Die belangrikste van haar getuienis: Jacob Zuma het heeltyd geweet – wat ons Suid-Afrikaners almal al lankal geweet het. Die vraag is hoeveel amptenare is daar soos sy wat weet van korrupsie, maar dit vir oorlewing moes toesmeer of die skuld daarvoor moes dra?

Enige sulke amptenare, laat weet gerus by lood@beeld.com en wen boonop ’n koffiebeker. Lesers moet ook nou weer begin bydraes stuur, 2020 is hier.


Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.