Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies:

Vierde S-groep in ANC?

Lood was onder die indruk daar is net drie S-groepe in die ANC: sosialiste, staatskapers en skelms. Maar toe het die ANC se nasionale uitvoerende komitee kameraad Tito (Twieto) Mboweni (foto­) erg op die vingers getik oor sy getwiet waarin hy sy kamerade aanval oor hul kortsigtig ekonomiese sienings. Dit het min indruk op hom gemaak, want hy het kwalik in Davos geland of hy was weer op Twitter om na die “Staliniste” in die ANC te verwys.

Heeltemal onkant betrap deur dié verwikkeling het Lood by politieke kenners gaan kers opsteek. Hulle het die kwessie gou verduidelik: Dis nie ’n vierde groep nie, maar wel ’n versamelnaam vir die drie ander groepe. Lood begryp nou.

Passasiers sluit SAL self

As die ANC en sakeredders nie wil luister nie, laat dit die publiek met geen keuse nie: Sluit dit self – deur nie met die SAL te vlieg nie. Skote Petoors aan Flight Centre, wat eerste die kansellering van vlugte aangekondig het voordat die armsalige oorblyfsel van staatskaping dit self kon doen. Ook aan Mboweni, wat vasstaan dat die R2 miljard wat kort nie uit die staatskas kom nie.

Persone van die week

RAAKVATTER: Koningin Elizabeth II. Haar kleinseun Harry kla toe vandeesweek sy en vroulief, Meghan, se “abdikasie” het nie heeltemal uitgewerk soos hulle voorsien het nie. Jou ouma is al lank in die land, ou seun.

NAT VADOEK: Mo Shaik. Hy deel die toekenning met Lindiwe Sisulu, wat hom as ’n R1,9 miljoen-per-jaar-konsultant aangestel het. Nee, nee ons wil hom nie by ons land se watersake betrokke hê nie.

BITTERBEK: an die SAL-vakbonde – Numsa en dié vir lugkajuitbemanning (Sacca) inkluis – slinger nou verwyte oor die SAL-situasie rond. Jammer, ouens, dis die bed wat julle self help maak het. 

Buffel moet ‘voor bly’

O Edele Buffel, staan vas en bly voor,

want honger hiënas volg kwylend in jou spoor.

Swaai jou magtige horings en B-R-U-L!

Skud af die hakskeen-happers, die hele ou spul.

Want ons harte bloei vir ons pragtige land

en ons smag na ’n wolkie met ’n silwer rand!

Dit is Helena Goosen van Olympus in Pretoria-Oos wat so digterlik oor CR word. Dis ’n koffiebeker werd.

Stuur gerus bydraes na lood@beeld.com of SMS na 32515. Onthou, elke wenbeker word met ’n sakkie filterkoffie gestuur. Dis die moeite werd.

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.