Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: 30 dae-bal vir Ace

30 dae: Oor na Ace 

Pleks daarvan om sy besluit – dat Ace Magashule, verdagte-generaal van die All National Corruptives (ANC) – geskors word, net daar in werking te stel, skop die kamerade toe vir hom ’n 30 dae-bal. So, dis nou oor na hom om te besluit wat hy daarmee doen. Die spulletjie, wat glo lustig op mekaar geskreeu het in hul nasionale uitvoerende komitee (NUK), gee al die afgelope drie jaar gereeld een tree vorentoe en twee terug. In dié geval lyk dit darem vir ’n verandering na twee vorentoe en net een terug. In dié stadium lyk dit of Magashule se enigste kaart in die hand is om ook by Nkandla te gaan tee drink. Tensy hy ’n terugvegplan het. Wat die NUK se eie skuld sal wees.

Teiken Nathi Mars?

Hein Engelbrecht laat weet hy is diep bekommerd dat Nathi Mthethwa gaan probeer om die deel op Mars wat na dr. Japie van Zyl genoem is, verander te kry. Chris Leipoldt stel voor slaggate moet nou name kry. Ook dat die grootste gat in ’n munisipaliteit die burgemeester se naam kry. Hopelik sal dié wat nie hul naam krater wil maak nie, die gate vinnig regmaak.

Persone van die week

RAAKVATTER: Pres. Cyril Ramaphosa. Met al die “ja, maar’s” ingesluit, vat hy ten minste dié week se ronde in die ANC-binnegeveg (dit is mos Persone van die Week.) Stadige gif is soms die dodelikste, lyk dit nou

NAT VADOEK: Ace Magashule, verdagte-generaal van die ANC. Op ’n manier is die vreemde kennistydperk van 30 dae ’n verdere vernedering. Pleks die ou verloorder sy goed vat en loop. En Careltjie saamvat.

BITTERBEK:  Peter de Villiers en  Jake White deel die louere. Albei het, nadat hul span verloor het, oor die skeidsregters losgetrek. De Villiers reken hulle is elke wedstryd téén sy OP-span.

Phuma! Zuma, phuma!

Daar is hierdie vent genaamd Zuma

Wat hoop dat juts Zondo sê: Toe ma’

Hy het glo die name

Van sy skelms tesame

Maar dis tyd ons sê vir hom: Phuma!*

* Die Nederlands vir phuma! is vooruit zeg ik!, wat in Afrikaans saamgetrek het tot voetsêk!, oftewel Gaan weg! Van Lood se vriend oorkant die Jukskei.

Omdat hy bekend is, verseg hy steeds om sy naam bekend te maak. Bekers aan hom, Chris en Hein. Dankie vir al die hekelryme wat inkom.

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.