Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: ANC-kataters moet uit

ANC-kataters moet uit

Heelwat ontleders het ná die afgelope week se onrus aangedui hulle meen dit was die finale nekslag vir die All National Corruptives (ANC). Almal kon grafies en tragies sien dat die ANC (logo hiernaas) nie veel vordering kon maak om inderdaad ’n beter lewe aan almal te gee nie. Die regering kon nie eens basiese veiligheid aan sy land se inwoners en bates verskaf nie.

En alle energie gaan in die binnegevegte tussen die JZ- en die CR-kamp oor wie te blameer is en wie nie. Suid-Afrikaners kan reeds in Februarie, as die munisipale verkiesing uitgestel word, die ANC-kataters uitstem – uitgedien, skadelik en bo alles toenemend irrelevant. Nes die ou NP destyds . . .

Waar is die verslag dan?

Die polisie is laat weet hier kom opstande, sê Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid. “Is nie, ek het vir geen verslag geteken nie,” hou Bheki Cele, minister van polisie, vol. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, verklaar dit was ’n opstand as die president so sê, al het sy gesê dit is nie. So, waar is die verslag? En wat doen CR oor alles?

Persone van die week

RAAKVATTER: Mlungisi Zindela, Shoprite-takbestuurder in Tugela, KwaZulu-Natal. Hy het kookolie tot ’n nuwe wapen van die nasie teen plunderaars verhef. Lood hoop hulle het hul agterstewe losgeval.

NAT VADOEK: Duduzane Zuma, nog op vrye voet saam met sus, Duduzile. Gaan toe kastig help opruim om sy en die ander Zuma-telg se onskuld oor die onrus te bewys. Wie sou dan tog die opstokers wees?

BITTERBEK: Max Verstappen, Nederland se F1-jaer wat onsportief is oor Lewis Hamilton se oorwinning in die Britse Grand Prix. Max, vat jou uitgly uit die ren, ná Lewis se skramse verbyskuur, soos ’n man.

Hekelrym blaas stoom af

As verwoesting klaar gesaai is, als gesteel in die kar gelaai is, sal die werker weer sweet, terwyl die leeglêer vreet. Tot die land totaal in sy maai is. Niks sal oorbly om te laai nie, niks hê wat ons land verfraai nie.

Koos Nel wat stoom afblaas ná alles.

Kom ons hoop ons draai die ding tog om, Koos. Hopelik bereik die beker jou voordat die toetsreeks tussen die Bokke en Britte verby is.

Stuur bydraes na lood@beeld.com


Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.