Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: Burgers vat land terug

Burgers vat land terug

Die skitterende silwer rand aan die donker wolk wat oor Suid-Afrika hang, is Suid-Afrikaanse burgers wat hul land begin terugvat het van die boef van Estcourt se anargiste. (En van die hopelose ANC-regering.) Die meerderheid Suid-Afrikaners het na die aanvanklike skok en verslaenheid begin ingryp – wit en swart. Daar is begin om reg en orde te hertel deur winkelkomplekse op te pas, padblokkades te hou en booswigte aan die owerhede te oorhandig. Ander het met inisiatiewe begin om op te ruim en reg te maak en dienste aan te bed. Lood het selfs ’n goeie woord vir taxi-bestuurders (kan jy glo) wat ook help. Kan hier tog iets goed uit die as gebou word? Hopelik sonder die ANC. NOTA: foto taxi

Elke nasie het sy tweeling

Ronnie Kray (heel links) en broer Reggie was Brittanje se berugte misdaad-tweeling van die vyftigers en sestigers. So het elke nasie maar sy probleem-tweeling. In Suid-Afrika is dit die Zuma-tweeling Duduzile en boet Duduzane – albei aanhitsers tot geweld. Maar albei lief vir ’n luukse lewenstyl – laat die gepeupel maar gaan plunder. Ons soek hulle in ’n hof.

Persone van die week

RAAKVATTER: Dan Moyane, eNCA- anker-aanbieder. Hy meen pleks dat die plunderaars op staatskoste in selle sit en eet, moet hulle die gemors gaan opruim. Geboei en al. Hoor, hoor. En Dan vir president.

NAT VADOEK: Al die misdadige plunderaars en ook opportuniste wat met luukse voertuie opdaag om te steel. Maar veral die geslepe lafaards wat honger armes uitbuit om hul stormtroepe te wees.

BITTERBEK: Die bedenklikste frontorganisasie in die land, die sogenaamde Jacob G. Zuma-stigting. Die spul dreig daar sal geen vrede wees sonder sy vrylating nie. Jammer ouens, die boef moet maar bly sit.

Francois Bekker kry beker

Die DA wyk 83-man in die ooste van Pretoria het die vorige week so skrams hier deurgeloop. Dit omdat Lood gemeen het hy antwoord nie vinnig genoeg op ’n kieser se koerantbrief nie. Wel diegene, wat die sage gevolg het, weet dit het vir nou goed uitgedraai. Maar in ’n heel sportiewe gees vra Bekker toe of hy nie maar ’n beker kan kry nie. Sy versoek kan ’n gevaarlike presedent skep, as mens sien wie soms hier deurloop.

Maar Lood wil nou nie lyk asof hy nie ook sportief is nie en die man het gevra. So Francois, jou beker is in die pos. Drink uit hom terwyl jy jou kiesers se navrae beantwoord.


Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.