Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: DA se Don Quixote

DA se Don Quixote

Terugstaan, alle taalstryders vir die behoud van Afrikaans aan die Stellenbosch University (SU) – Leon Schreiber, DA-LP is op die toneel. Lood het geen twis met die wat wil walgooi teen die SU-taalbeleid nie. Maar as ’n mens enige situasie wil misbruik om opportunistiese politieke punte aan te teken, moet jy dit net so doen dat jou onderrok nie uithang nie. Dit is jare lange nuus dat die SU sy 2016-taalbeleid vanjaar sou hersien.

Maar iewers het Schreiber die klok hoor lui en die hersiening op 8 Maart as “brekende nuus” aangekondig en dat dit onder “volgehoue druk van die DA is en daardeur ’n slag slaan vir moedertaalonderrig”! En toe is die 2021-beleid nog van dieselfde. Arme drommel.

Nuus wat ’n glimlag bring

Boere en taxibestuurders in die Ficksburg-distrik wat saamgestaan het teen slaggate in paaie gee ’n mens weer moed vir Suid-Afrika. Dit lyk al hoe meer of mense oor grense heen begin saamstaan teen die gemors en ondermyning van dienslewering weens selfverryking. En dit buite die bedompige raamwerk van rooi pette, blou T-hemde of geel-en-swart baniere.

Persone van die week

RAAKVATTER: Die Defend our Democracy-veldtog van die groep van 337 (en hul dra-oranje-veldtog). Vir baie deelnemers moes dit, hul sterk oortuigings ten spyt, moed geverg het. Hoed af en oranje klere aan.

NAT VADOEK: Ronald Bantom, visepresident van die WP Rugbyunie. Hy het die nuus gebring daar is geen probleme nie: Alles net die media se verbeelding. As ’n mens by die land se grootste sirkus werk . . .

BITTERBEK: Prof. Jonathan Jansen, voorste stormram aan die Stellenbosch University teen Afrikaans. Sy galaanvalle met ’n alewige rasondertoon maak hom een van die voorste afbrekers in die nuwe Suid-Afrika.

Gepaste woord vir Ace?

Ace sê al het hy nie juis veel

is hy bereid om dit met studente te deel.

Mens hoop net nie al die gegee

gee vir hom die idee

om ’n bonus of twee uit die staatskas te reël*.

* “Daar is wel ’n ander bekende woord wat sou inpas, maar ek dink ek hou maar by ‘reël’,” sê Witrivier se Nerine Botha, ons roetine-hekelrymer.

Lesers moenie by Lood kom kla as Nerine later met die hele voorraad bekers sit nie. Stuur bydraes na lood@beeld.com en kanaliseer van die bekers elders.


Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.