Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: Die Donkerbril-brigade

Die Donkerbril-brigade

Zandile Gumede, voormalige eThekwini-burgemeester wat van bedrog aangekla word, is besig met ’n verstommende terugkeerpoging om streekvoorsitter van die ANC daar te word. En daar is duidelik niks of niemand in die ANC wat dit kan of wil keer nie. Tot daarna toe met pres. Cyril­ Ramaphosa se “veldtog teen korrupsie”. Die korrupte Donkerbril­brigade daag hom openlik uit – kamerade Tony Yengenien Ace Maga­shuleingesluit. In nog ’n KwaZulu-Natalse substreek, Moses Ma­bhida, is ’n familielid van oudpres. Jacob Zuma, ene Mzi Zuma, glo ook ’n kandidaat. Wat ’n ongure spulletjie.

Wat was alternatief?

Sopas is oudpres. FW de Klerk se 2 Februarie 1990-toespraak en oudpres. Nelson Mandela se vrylating op 11 Februarie daardie jaar, 30 jaar gelede, herdenk. Albei se historiese impak word regdeur net gemeet teen die huidige stand van regering. Vele het baie te sê, maar daar word geswyg oor wat die alternatief dan sou wees. Mandela is wel die stand van sake gespaar.

Persone van die week

RAAKVATTER:Danny Titus: “ ’n Mens moet dit seker versigtig sê, maar anders as Zuma se nalatenskap aan Ramaphosa, was die staat wat De Klerk aan Mandela nagelaat het veel doeltreffender.”

NAT VADOEK: Die DA vir sy plan om die Wes-Kaapse wetgewer met die steun van die ANC te vergroot. Dit skep ’n presedent vir ’n landwye poste-inflasie vir beroepspolitici. Ongelooflike swak skuif.

BITTERBEK: Nancy Pelosi, Amerikaanse speaker, vir haar opskeur van pres. Donald Trump se toespraak. Haar pogings om hom afgedank te kry, het misluk en die Demokrate se verkiesingsveldtog is in chaos.

"Siek grap oor spekskiet“

Met die siekbriewe en jaggewere so op die voorgrond, wil dit voorkom of iemand besig is om spek te ‘siek’, ’skuus, te skiet.” Aan die woord is Coen Swart van Vanderbijlpark. Hy noem nie name nie, maar sy koffiebeker en filterkoffie is op pad. Want ongetwyfeld verwys hy na JZ se bedenklike siekbrief-poging (selfs dit kan nie eens meer reg gedoen word nie) in die hof en die foto van hom met die geweer. Wat ’n siek grap.

Die jaar het met ’n drafstap begin, die rubriek verskyn weer weekliks en die bydraes moet inrol. Stuur dit gerus aan lood@beeld.com of SMS 32515.


Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.