Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: Dis nou Tutu vs. Tierkat

Dis nou Tutu vs. Tierkat

Suid-Afrika se voorste morele kompas van voor en ná 1994, aartsbiskop Desmond Tutu (foto), het sy stem by dié van Al Gore gevoeg oor die noodsaak om weg te beweeg van fossielbrandstof in ’n poging om klimaatsverandering te stuit. Gore, ’n voormalige visepresident van Amerika, is een van die voorste aktiviste teen klimaatsverandering. Dit stel Tutu direk op teenoor Gwede (Tierkat) Mantashe, minister van minerale en energie – ook bekend as Lood se Nat Vadoek van 2019. Hy probeer steeds pogings in die wiele ry om beskikbare hernubare energie in ons kragnetwerk te laat vloei wat druk op Eskom sal verlig. Dit ter wille van vakbonde se steun in ruil vir die gehalte van ons klimaat.

2020: Jaar van die . . . 

Gaan 2020 Suid-Afrika se Jaar van die Buffel wees, of eerder die Jaar van die Ace-kaart? Te oordeel na die eerste week of wat, gaan dit eerder die Jaar van die Kers wees. Die meeste waarnemers het moed opgegee dat CR ooit gedoen gaan kry wat nodig is. Die land het werklik nodig dat hy nou vir eens die bul by die horings pak en buffelagtiger in die ANC optree.

Persone van die week:

RAAKVATTERS: Alle suksesvolle gr. 12’s van die 2019-klas. Ja, ja, daar is die gesanik oor standaarde, maar die kinders moet ook ingewikkelder dinge baasraak as Sus en Daan, en baie het werklik presteer.

NAT VADOEK: Scott Morrison, Au­straliese premier, wat ondanks die bosbrande deurgedruk het met sy vakansie in Hawaii en dit toe stert tussen die bene moes kortknip. Politici is maar oral dieselfde.

BITTERBEKKE: Dis nou alle plaaslike Donald Trump-ondersteuners wat vies is omdat ons brandstofpryse gaan styg weens sy verkiesingsoorlog in die Midde-Ooste. Hulle moet maar uithaal en wys vir hul lojaliteit.

Blink Stefaans se storie

Blink Stefaans belowe ’n mirakel, maar die SAL kan nie vlieg nie. Eskom se liggie is flou. Denel is in sy kanon.

Blink Stefaans is stil en stom en glo in ’n wonder. Maar Vodacom se sein is weg. Eskom het beurtkrag. Tshwane is in administrasie en SAL kry toe purgasie.

Die partytjie is op. Die dop het nie skop. Is die kaiings wat braai. Die Guptas het lankal gewaai na Dubai.

Dis Jan Meyer van Kempton Park wat so skryf.

Jan, ons moes ongelukkig die lengte en formaat aanpas om iets in te kry, maar jy wen die eerste beker met koffie vir 2020.

Onthou, dis lood@beeld.com.


Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.