Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: Eish vir Anglokaans

Eish vir Anglokaans

Die 12de landstaal is nou Anglokaans, aldus Naomi Clark van Harties. Dis meer “amazing” en “awe­some” as Frans. “Cool celebs” praat dit; van ons haat dit. Wat het geword van “plein” Afrikaans, wil sy weet. Lood is geen aanhanger van ’n verstikkende standaardtaal met ingewikkelde toepassings nie. Maar dit lyk asof sommige meen selfs meer ontspanne taalgebruik moet sommer uit die pad gevee word vir An­glokaans. Vreemd dat Afrikaanse akteurs, wat veral deesdae bakhand staan vir ondersteuning, ook daaraan skuldig is. Byvoorbeeld: Is Neels van Jaarsveld (foto) se gruwelike Anglokaans ingeskryf in sy programteks vir Op my Eish, of is dit sy bydrae tot ons kultuurskat?

Net donkies bly oor . . .

Die Netwerk24-fotograaf Mlungisi Louw het die foto ná die naweek se groot gedruis in Nkandla geneem. Lood volstaan met Deonette Haggard van Somerset-Oos se bydrae:

Dis die oorpak, dis die tralies;

dis die straf, dis 15 maande;

dis al.

Persone van die Week

RAAKVATTER: Jessie Duarte verskyn gewoonlik hier onder. Haar stelling dat Nkandla-gangers se dreigement – om ’n “menslike skild” te wees – die taal van internasionale terroriste is, is wel ’n kolskoot.

NAT VADOEK: Die ANC. ’n Koffiebeker is op die spel vir enigiemand wat ’n geldige rede kan verskaf waarom dié klomp nie skaam hoef te wees oor die afgelope week nie. ANC-lede kan net ’n lepel wen.

BITTERBEK: JZ. Hy kla die regbank versin spesiale reëls vir hom. Sy advokaat noem hom ’n siek ou man sonder geld. Lood sien ’n geslepe gewoontemisdadiger wat agter tralies hoort. Hoor jy, Bheki Cele?

Francois, dit gaan nie weg 

’n Pretorianer het, onder ’n skuilnaam, in ’n Beeld-brief gekla oor ’n plakkerskamp en probleme onder die DA-burgemeester. Hy het dit aan sy DA-raadslid Francois Bekker gerig. Bekker het die brief op Facebook geplaas met die byskrif: “Politiek is nie vir sissies nie.” ’n Smalende gesprek het gevolg oor die skuilnaam en ’n moontlike VF Plus-aanslag. Geen verantwoording teenoor of empatie met die “kieser” nie. Tipies DA?

Bekker kan die kieser gerus antwoord, soos hy op Facebook onderneem. Lood gaan help dat die kwessie nie weggaan nie. Bekers aan Naomi en Deonette. lood@beeld.com 

Meer oor:  Menings  |  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.