Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: Les van haastige hond

Les van haastige hond 

Dit het al bykans ’n nasionale refrein geword dat vervolging van korrupsie nie vinnig genoeg plaasvind nie. En dat daar onnodig voete gesleep word of nie ’n wil is om te vervolg nie. Die waarheid, dat deeglike ondersoeke wat tot waterdigte sake lei, tyd neem, word goedsmoeds geïgnoreer. Wel miskien is dit dan ’n goeie ding dat die Reserwebank (foto) se korrupsieverslag oor VBS Mutual­ Bank, “The Great Bank Heist”, in die hooggeregshof tersyde gestel is. Daar is bevind die nodige prosedure en reg op verweer is nie gevolg nie. Dis die gevolg van haastige hond verbrand sy mond. Hopelik bring dit die hernude besef dat die stryd teen korrupsie en die vervolging daarvan ’n deeglike aanslag verg.

Saak 1: die afgelaaide vee

Midde al die nuwe Covid-19-korrupsie is Lood bekommerd ons vergeet van die stapels onafgehandelde sake­. Daarom in die volgende paar weke ’n spesiale reeks oor dié sake. Vandag: Die klag oor die vermeende geskenk van Supra Mahumapelo aan Jacob Zuma. Dit oor die beeste vir opkomende boere wat glo by Nkandla afgelaai is. Bekyk die Valke dit nog?

Persone van die week

RAAKVATTER: Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het soos die ANC-gebruik is, by ’n begrafnis gekla oor die skade wat korrupsie die ANC aanrig. Maar swyg, soos die gebruik is, oor wie dit is.

NAT VADOEK: Des van Rooyen. Terwyl hy witmonopoliekapitaal vir alle ellende blameer, is die vraag of hy die geld gaan terugbetaal vir sy maande lange hotelverblyf as die onindrukwekkendste minister ooit.

BITTERBEK: Mandla Maleka, voormalige waarnemende tesourier van Eskom. Hy voer aan dis rassisme bloot omdat ’n wit mens bo hom die pos gekry het. Mandla, trek die skoen aan as dit jou pas.

Die kinderlike waarheid?.?.?.

’n Ou vriend laat weet dié een: Die seun parkeer sy fiets in ’n straat naby die parlement en stap in ’n rigting. ’n Konstabel keer hom toe voor: “Besef jy dat belangrike politici soos parlementslede en selfs ministers dié roete gebruik? En jy parkeer sommer jou fiets hier?”

Waarop die outjie selfvoldaan antwoord: “Moenie bekommerd wees nie, ek het my fiets gesluit.”

Stuur gerus bydraes na lood@beeld.com. Die bekers wat ten tyde van die inperking gewen is, word die komende week uitgestuur. Met koffie en al.

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.