Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: Maties nou ‘Mates’?

Maties nou ‘Mates’?

Wat is die verskil tussen Harvard, Oxford en Stellenbosch University (SU)? By die eerste twee universiteite mag jy Afrikaans met jou vriende en familie praat wanneer hulle kom kuier.

Dit is nie die eerste keer dat “Slim” Wim de Villiers , SU-rektor, se gevreesde (en geheime) gedagtepolisie die onderrok lelik laat uithang nie. Enkele jare gelede het ons gehoor SU-wetenskaplikes ontken skynbaar enige moontlikheid van lewe in die buitenste ruim. Dit toe pers gesigte, as ruimtewesens vir ’n kostuumpartytjie, tot “blackface” verklaar is. Weer moes daar lomp teruggekrabbel word. In dié veldtog teen Afrikaans gaan Maties seker gou “Mates” word.

Stuur Zuma ‘ruimte’ toe

Jacob Zuma, hoofstaatskapingsverdagte wat in ’n staat van beskuldiging weens min­agting van die konstitusionele hof staan, moet “ruimte gegun word om te besin”. As daar nou ooit ’n trapsuutjies-dansie was, dan is dit dié een deur die ANC. Pleks van hom ruimte gee, sal hy hom ruimte toe wil stuur, laat weet Jan Potgieter van Middelburg. Jan en alleman ook.

 

Binnegeveg-uitblinkers

RAAKVATTER: Fikile Mbalula vat dié week se ronde in die ANC en verwante omgewing se groot binnegeveg. Hy het kameraad Ace en OB Busisiwe goed gevat. Is seker ’n trippie na die Olimpiese Spele belowe.

NAT VADOEK:  Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, gaan kla jou nou by die Brooklyn-polisiekantoor aan as jy haar kritiseer. (Dis ’n verligting sy lees klaarblyklik nie Lood se Praatjies nie.)

BITTERBEK: Die Binnegevegknoper van Nkandla, Jacob Zuma. Hy lag te lekker oor die chaos wat hy veroorsaak. Maar is so verbitterd oor al die “onreg” wat hom aangedoen word. Verkoop iemand “2 jaar”-T-hemde?

Antiklimaks oor Ace 

Ek’s ’n dapper Ace, kyk hoe stap ek deur Luthuli-huis

En daar is niks wat my kan vang nie

Vir Zuma is ek nie bang

Ramaphosa kan my nie vang

Maar sê nou daar is ’n Valk? ’n Valk?

Ha, ha, ha, hul vlerke is geknip.

Barend du Toit van Welkom reken duidelik Ace Magashule, die ANC se verdagte-generaal, gaan wegkom.

Barend se poging is eerder ’n antiklimaks as ’n hekelrym. Hy en Jan Potgieter kan hul bekers binnekort verwag. Stuur gerus bydraes na lood@beeld.com.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.