Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: Paul doen sy skuif

In die beroepspolitiek gaan dit meermale oor net een ding – tydsberekening.

En nou wil dit al lyk of die All National Corruptives (ANC) se tesourier-generaal, kameraad Paul Mashatile reken nou is die tyd.

En toe doen hy sy skuif.

Pens en pootjies in die CR-kamp in en sommer ook rasieleier om te waarsku dat daar groot moeilikheid gaan wees vir enige ANC-lede wat hulle met die verdagte-generaal, Ace Magashule, Careltjie Niehaus en die sogenaamde RET-spulletjie se protesplanne ophou.

Maande gelede was daar nog sprake dat hy homself sien as adjunk vir ’n David Mabuza-aanslag op die presidentskap toe hulle gedink het CR gaan vou. Maar met die ontvouende CR-ystergreep . . .

Lood dít eens met Wim 

Wel, daar is iets waarmee Lood en “Slim” Wim de Villiers, Stellenbosch University-rektor, dit eens is: Die opportunisme van politieke partye wat probeer munt slaan uit kampuswoelinge.

Die DA wil wys dat hy steeds beter as die VF Plus is om die markgaping van die “ou” DA te vat. En die VF Plus wil wys dat hy steeds meer Afrikaans as die “nuwe” DA is. Gedorie.

Persone van die week

RAAKVATTER: Quinton de Kock. Die Protea-paaltjiewagter se vinnigdinkery op die veld het bygedra tot ’n nodige oorwinning oor Pakistan. Die omstredenheid word afgelag – dit is mos ons span se ou.

NAT VADOEK: Altyd lekker om vorige Nat Vadoeke terug te verwelkom. Panyaza Lesufi is bekend daarvoor dat hy homself uit alles praat. Dié keer lyk dit of hy homself al hoe meer vaspraat. Hoog tyd.

BITTERBEK: Oef. Hou iemand nog telling van hoeveel hofsake adv. Busisiwe­ Mkhwebane as openbare beskermer verloor het? Dit moet die een of ander rekord ná die Romeinse Ryk wees. Sopas nog ene.

Van Sisulu tot Shaik

Onse minister Lindiwe Sisulu herinner my aan Blackie se liewe Lulu.

In Emfuleni wil die stank net nie gaan lê nie terwyl sy en haar departement ongeërg doedoe.

Weer ’n Nerine Botha-enetjie daar uit Witrivier. En Piet Minnaar pleit dat Schabir Shaik voor in die inent-tou moet wees, hy is mos al lank “terminaal”.

Die huidige reeks Lood-bekers raak min en ’n versamelaarsitem. Want binnekort kom daar ’n nuwe­ reeks. Dankie vir al die hekelryme wat inkom. Stuur nog.

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.