Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: Twee 2019-raakvatters

Caster Semenya vir haar onlangse kopklap aan Fikile Mbalula. Hy wou nog kla dat Nike se nuwe oranje-blanje-blou tekkies na die apartheidsvlag lyk, toe vra sy of die Johannesburgse metropolisiemotors met dieselfde kleure ook ter sprake is. Eina.

Tito Mboweni. Nie omdat hy lankal profeties vra dat die SAL sluit nie. Of vir sy aandeel in die stroop van ministers se byvoordele nie. Maar omdat hy soms alleen met Uber by funksies aankom om die koste van oortyd vir personeel en lyfwagte te spaar. ’n Voorbeeld wat min kamerade sal wil volg.

Oorlogkamer en die pous

Die regering se besluit om alweer ’n oorlogkamer vir Eskom te probeer, het Lood laat dink aan toe Josef Stalin advies gekry het om die pous se steun te werf teen die Nazi’s in die Tweede Wêreldoorlog.

“Hoeveel divisies het die pous?” was sy kort antwoord. Hoeveel voldoende gekwalifiseerde ingenieurs het die oorlogkamer-ministers, wil Lood vra.

Persone van die Week

RAAKVATTER: Ronald Lamola, minister van justisie. Amper is die toekenning teruggetrek weens al die tronkvoëls wat hy en CR op straat loslaat. Maar sy Dubaise Gupta-jagtog het genoeg punte ingebring.

NAT VADOEK: Die EFF-leierskorps en alle kongresgangers. Omdat hulle van die media daar verbied het. Ook vir hul lagwekkende mirageom “die hele Afrika te regeer”. Dít om die hele­ vasteland se banke te besteel

BITTERBEK: Ace (Melkplaas) Magashule. Die Vrystaatkaper kom ná ’n lang stilte met swaaiende arms uit sy hoek en sê daar moet opgehou word om Jacob Zuma vir alles te blameer. Lood doen dit steeds.

Oomblik van waarheid 

Suid-Afrika se oomblik van waarheid gaan aanbreek wanneer Ace Magashule in hegtenis geneem word. So ook Brian Molefe, Supra Mahumapelo, Malusi Gigaba, Nomvula Mokonyane, Dudu Myeni, Lynne Brown en Duduzane Zuma, om enkeles te noem. Nadat die Valke Bongani Bongo gegryp het, kla Ace almal wat nie vir CR gestem het nie, is teikens. Ace, dis die staatska­pers. Kom ons hoop jul word almal in 2020 aangekla.

Lood wens sy lesers en getroue korrespondente net die beste feestyd toe. (En, ag ja, tog maar ook vir die politici wat die rubriek laat leef.) Tot 2020 vir eers.

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.