Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies: Zille jaag kiesers na ANC

Zille jaag kiesers na ANC

Dit lyk asof Helen Zille nou maar vir eens ’n nagmerrie vir haar opvolgers as DA-leier bly. Konflik tussen haar en Mmusi Maimane, haar onmiddellike opvolger, het ’n twiet as vonk in die kruitvat gehad. Die uiteinde van ’n baie lang drama was dat Mmusi die pad moes vat uit die DA. Nou sit John Steenhui­sen, (tussentydse) DA-leier, ook met sy hande in die hare oor ’n Zille-twiet. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.

Zille is onkeerbaar, aangesien sy dinge kwytraak wat vir baie mense hul gevoelens oor sake verwoord. Maar sy is verstommend toondoof daarvoor dat die ANC die hardste oor haar twiets juig, want sy jaag afvallige swart kiesers terug in sy kraal.

Steeds van toepassing?.?.?.

Dié prent het op 6 Junie 2017 in Beeld verskyn.

Persone van die week

RAAKVATTER: Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie. Dit vir sy walgooi teen ANC-plunderplanne om pensioenbates vir regeringsfinansiering te gebruik. Staan vas, Dondo, staan vas.

NAT VADOEK: Rugbybase het ’n 500 bladsy-plan aan Nathi Mthe­thwa, sportminister, gestuur om spelers terug te kry op die veld. Nou eis hy opnuut ’n bedryfsplan. Hou dit kort en maklik leesbaar, manne.

BITTERBEK: Hy het Covid-19 as ’n “ligte verkoue” afgemaak. Toe dwing ’n hof hom om ’n masker te dra. En nou het hyself die siekte. Pres. Jair Bolsonaro van Brasilië sukkel, nes Mthethwa, om uit dié kolom te bly.

SA mense soos krappe

Saamstaan in die land bly maar moeilik, sug Hennie Pienaar al die pad van Bellville. Sy oorlede pa het altyd vertel van die man wat by die viswaters gesit het. Een van sy vriende vra toe of hy nie bang is die aas-krappies wat hy in ’n oop blikkie hou, klim uit en loop weg nie. Waarop die visserman antwoord: “Nee, dit is Suid-Afrikaanse krappies. Net sodra die een bo is, trek ’n ander een hom af.”

Hennie se beker met koffie word gestuur sodra prakties moontlik. Stuur gerus bydraes na lood@beeld.com om ook só ’n beker te bekom.


Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.