Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Los skote oor kabinet lyk na magsvertoon

En toe is daar drie musketiers wat veg teen staatskaping en korrupsie. Dit nadat Tito Mboweni hom by pres. Cyril Ramaphosa en Pravin Gordhan aangesluit het.

Vanselfsprekend is daar baie meer, maar as dit kom by herhaaldelike openbare uitsprake daaroor en sigbare stappe, is dit die drie voorlopers.

Die vraag vandeesweek op almal se lippe was of Mboweni dit sou waag om homself sonder ’n mandaat uit te laat oor die vermindering van kabinetslede? Dit op sigself is al ou nuus en reeds deur sy president aangekondig. Maar vir die eerste keer is gesinspeel op ’n vermindering van ministers en adjunkministers met tussen 64% en 71%. Of was die los skote politieke waarskuwingskote deur ’n Ramaphosa wat voel hy begin sy posisie konsolideer?

Daar moet ’n element daarvan wees, want om in ’n brose fase kort voor ’n verkiesing 70 beroepskamerade te laat weet net 20 tot 25 van hulle kan ampsmotors, blou ligte, lyfwagte en dies meer behou, verg selfvertroue. Daar is tog ietsie in van: “Onthou, ek is in beheer en toenemend so.”

Hy het ook die laaste tyd openlik begin verwys na die eerste “suksesse” van die Zondo-kommissie. Verder het hy ’n ondersoekkommissie na die Openbare Beleggingskorporasie aangestel en begin skoonmaak in die nasionale vervolgingsgesag voordat hy binnekort ’n nuwe leier aanstel vir dié eens eensydige hulporganisasie aan Jacob Zuma.

Verder begin dinge net al hoe verder lostorring om Ace Magashule, sy grootste politieke teenstander en sekretaris-generaal van die ANC.

Boonop sit hy met ’n brief op sy lessenaar van die Nugent-kommissie van ondersoek wat aanbeveel dat hy die geskorste Tom Moyane onmiddellik as belastinghoof afdank.

Verder begin dinge net al hoe verder lostorring om Ace Magashule, sy grootste politieke teenstander en sekretaris-generaal van die ANC. Nadat hy “uitgevang” is dat hy in die “geheim” met Zuma vergader het, het die eerste kraak in sy digte ringmuur van ondersteuning in die Vrystaat gekom. Mxolisi Dukwana, voormalige LUR in Magashule se destydse Vrystaatse kabinet, het besluit om te begin sing – oor die Guptas, staatskaping en hoe dit in die provinsie gewerk het.

Alle aanduidings is dat Ramaphosa ’n beter klompie weke as Magashule agter die rug het.

Die vorige week was Ramaphosa weens lugweginfeksie met siekverlof.

Die vorige week was Ramaphosa weens lugweginfeksie met siekverlof. Nie net het hy ’n besoek aan die Kongo misgeloop nie, maar ook ’n dinee van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef).

Terug op die been vandeesweek het hy in die parlement geluister na Mboweni se me­diumtermynbegrotingsraamwerk. Hoewel die president nog onlangs self die Nasionale Gesondheidsversekering-plan verdedig het, is Mboweni die eerste ANC-politikus wat dit begin bevraagteken. Staatshospitale moet eers reggeruk word en daar moet samewerking met die private sektor wees, is sy benadering.

Zuma se kernkragplan is al gekelder, maar hulle kon nie sy plan vir gratis tersiêre onderwys betyds keer nie – nie in dié stadium nie, in elk geval. Is die onbekostigbare gesondheidsplan nou ook op pad uit? Selfs die Suid-Afrikaanse Lugdiens, die eens heilige graal van die Zuma-era, is in die sterkste taal tot nog toe gewaarsku.

Ramaphosa sou kennis geneem het dat Mboweni se rede en plan, met heelwat realistiese vertrekpunte en selfs goeie nuus plek-plek, maar ’n louerige ontvangs van die saakmaak-sektore gekry het. Die werklikheid is, sal hy hopelik besef, dat net ongenaakbare A-simbole vir goeie regering, beleggings en groei aanvaarbaar is.

Beukman is Beeld se redakteur.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  Regering  |  Korrupsie  |  Staatskaping  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.