Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lys: AfriForum het volste reg
Alida Kok

Met AfriForum se vrystelling van die lys van 195 plase wat blykbaar onteien gaan word – en die reaksie daarop – het die onteieningsdebat uiteindelik ’n groter strategiese kommunikasie-deel bygekry.

Hier gebruik ek nie die konsep “strategiese kommunikasie” om te sinspeel dat rolspelers in die openbare gronddebat onwettige maniere gebruik om disinformasie te versprei om ander partye se geloofwaardigheid te takel nie. Ek gebruik die konsep eerder om uit te lig dat ’n inligtingstryd gevoer word waarin partye die kollektiewe persepsie wil bepaal.

Die belanghebbende groep wie se verteenwoordigers die beste gaan slaag in strategiese kommunikasie, sal die wendinge in (moontlike) grondonteiening kan bepaal.

As voorheen benadeelde mense wat grondregte wil bekom met grootskaalse grondbesettings begin, kan wanorde en misdadigheid begin heers. Só ’n verwikkeling sal alle eiendomsregte in die gedrang bring. Hierdie situasie is vergelykbaar met die scenario’s toe die land in die vroeë 1990’s in ’n oorgangsfase was en daar die gevaar was dat ’n burgeroorlog kon uitbreek.

Hier moet ’n mens in ag neem dat boere reeds hul werk in ondraaglike omstandighede probeer doen.

As boere as ’n groep noodgedwonge landbou-infrastruktuur begin verkoop terwyl hulle nog kan en terwyl dit nog ’n waarde op die mark het, sal dit bydra tot die toenemende onvermoë van die landboubedryf om voedselsekerheid aan die land te verskaf.

Hier moet ’n mens in ag neem dat boere reeds hul werk in ondraaglike omstandighede probeer doen.

Benewens die moontlikheid dat hul grond onteien kan word en ’n leeftyd se werk verlore kan gaan, ervaar talle boere steeds die impak van die onlangse droogte (in 2016 was daar ’n sterk toename in selfmoorde onder Noord-Kaapse boere bo 55 jaar), gaan die landbou steeds gebuk onder ’n swak ekonomie en moet mense op plase drastiese stappe doen om hulle te beveilig weens die buitengewone voorkoms van moorde.

Die boodskap van die verteenwoordigers van voorheen benadeelde mense wat grond wil bekom het ’n groot oorhand in die strategiese kommunikasiestryd: die hoër gesagsposisie. In hierdie era waarin verlang word na maatskaplik-ekonomiese geregtigheid, word globaal aanvaar dat uitstaande politieke vergoeding afgehandel moet word. Ons grondkwessie word hierby ingesluit en dit bring die boeregemeenskap se bestaansreg ernstig in die gedrang.

Die ANC en EFF se sogenaamde hoër gesagsposisie van maatskaplik-ekonomiese geregtigheid is so sterk dat kommentators die ondersteuning (binne en buite die land) wat vir boere gemobiliseer word, as ’n immorele “alt-right” stap afmaak.

Daar word vir boeregemeenskappe wat geliefdes aan moord afstaan, gesê dit kan nie besondere aandag kry nie, want mense oral in Suid-Afrika word vermoor. Dit is ’n absurde argument. Mense wat trauma ervaar weens die moord op ’n geliefde gaan nie die nuanses van ’n hedendaagse politieke moraliteit insien nie en het die reg om ondersteuning te soek en te kry.

AfriForum, in hierdie strategiese kommunikasiestryd en as een van die verteenwoordigers van die boeregemeenskap, het die volste reg gehad om die lys van plase wat vir onteiening geoormerk is, te vind en uit te reik.

Kok is ’n dosent in politieke wetenskap aan Unisa.

Meer oor:  Afriforum  |  Alida Kok  |  Grondonteiening  |  Landbou  |  Grond  |  Boere  |  Lys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.