Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘Maak die Springbokke nou die Proteas . . .’
Bloed, sweet en trane. Die Springbokke se koppe hang ná hul nederlaag van 57-0 Saterdag teen die All Blacks. Ondersteuners voel verpletter en sommige reken die Springbokke behoort tot die Proteas hernoem te word. Foto: Getty Images

Maak die Springbokke nou die Proteas. Hulle is nie meer goed genoeg om in die eens trotse naam en trui van die Springbokke te speel nie.

So reageer Springbok-ondersteuners op sosiale media oor die Springbokke se rekordnederlaag van 57-0 teen die All Blacks.

Jan Greyvenstein van Bloemfontein skryf op Facebook: “Iewers het ons alles wat ons oor generasies opgebou het, verloor. Die Bokke is nou soos ons munisipaliteite. Daar is nog ’n afrigter en spelers, maar hulle het nie meer ’n idee wat hulle eintlik moet doen nie.”

Springbok-ondersteuners rou oor dié slagting. Die voorstel word oral gemaak dat die geliefde span moet afsien van die Springbok-embleem en -naam en voortaan as die Proteas moet uitdraf, want die span is só deur politieke inmenging afgetakel dat hy nooit weer sy man teen die bestes ter wêreld sal kan staan nie.

Kobus Lombard skryf op die Springbokke se Facebook-bladsy die “kern van die rugbymoeras” is die uittog van kwaliteitspelers na die buiteland.

Johannes Wessels skryf op Facebook: “Vermoed die Guptas het Allister Coetzee gekry om die aandag van hulle kaperjolle weg te lei. En dit blyk Allister het dit beter reggekry as Bell Pottinger.”

Kobus Lombard skryf op die Springbokke se Facebook-bladsy die “kern van die rugbymoeras” is die uittog van kwaliteitspelers na die buiteland. Hy is taamlik seker ’n oorsese Bokspan sal die huidige span kan klop. Johan Ackermann moes Springbokafrigter geword het, want toe hy die Leeus afgerig het, was hulle die enigste span wat met Nieu-Seelandse spanne kon meeding.

“Toetie se track rekord is ondergemiddeld. Om Toetie se styl saam met Franco Smith en Brendan Venter te gooi is ’n resep vir moeilikheid. Die agterste drie was Saterdag pateties. Raymond Rhule hoort nie in die Springbokspan nie. Ons het Jaco Kriel en Coenie Oosthuizen gemis, Trevor Nyakane is uit posisie uit. Hopelik kan Rassie Erasmus struktuur bring. Ruan Combrink is ’n moet.”

Pieter Strydom skryf in ’n debat deur Bokondersteuners op die webtuiste sarugbymag.co.za die statistieke oor die Springbokke se val sedert daar toegelaat is dat politici die spel beïnvloed, moet bestudeer word.

Swart ondersteuners neem egter aanstoot omdat daar telkens na regstellende keuses gewys word as die Springbokke verloor.

“Ons beste spelers speel oorsee en ons het eenvoudig nie nou die spelers met die talent om die gapings te vul nie. Hier dink ek aan Marcell Coetzee, Duane Vermeulen, Frans Steyn en Bismarck du Plessis. Raymond Rhule, Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Trevor Nyakane en Uzair Cassiem is nie naby goed genoeg om internasionale rugby te speel nie.”

Swart ondersteuners neem egter aanstoot omdat daar telkens na regstellende keuses gewys word as die Springbokke verloor.

Aviwe Diko van Fort Hare stel voor dat ’n wit en ’n swart gekies word en dan gekyk word hoe die spanne vaar. Volgens hom dink Saru reeds daaraan om ’n span in die noorde te laat speel en een in die suide en sal almal dan gelukkig wees.

Prince Michael Nakanyala wys daarop dat die Springbokspan in 1999 heeltemal wit was en met 28-0 teen die All Blacks verloor het.

Henk Niemand van Jeffreysbaai sê ook die Springbokke was nog altyd die All Blacks se grootste teenstanders.

Vincent Botha van Port Elizabeth wys daarop dat die Springbokke die All Blacks voor 1994 21 keer geklop het en die All Blacks 18 keer aan die wenkant was. “Dis die einde van die storie.”

Warwick Anderson reken egter almal is verkeerd. Dit moet oor vaardighede gaan en nie kleur nie. Ontwikkeling moet op Curriebeker- en Superrugbyvlak geskied.

Mfana Hlatshwayo laat hom egter nie deur die eerste loesing van die jaar onderkry nie. “As ’n trotse Suid-Afrikaner en 100% Springbok-ondersteuner staan ek by ons span en sê: Jammer, ouens. Kom ons beplan vir die volgende wedstryd en wys dat ons een van die beste spanne ter wêreld is.”

Henk Niemand van Jeffreysbaai sê ook die Springbokke was nog altyd die All Blacks se grootste teenstanders. Sonder die Bokke kan hulle hulself nie as die beste ag nie.

“Ons het al 93 keer teen mekaar gespeel. Ons het hulle 35 keer geklop en drie keer was gelykop. Geen ander span in die wêreld kan dit sê nie. Die tye is nou taai, maar ons sal terug wees – met of sonder politiek. Ons sal terug wees. Springbok-ondersteuner vir altyd.”

Meer oor:  Allister Coetzee  |  Sosiale Media  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.