Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘Mafia’ op die bouperseel
Foto ter illustrasie: istock

’n Tyd gelede is daar in dié rubriek moeite gedoen om lesers te probeer opbeur te midde van al die slegte nuus wat koerantlesery versuur.

Ek het onder meer daarop gewys dat ons die 1980’s oorleef het – myns insiens ’n veel uitsigloser tyd.

Wat sleg is van die huidige nuustoevoer uit verskillende oorde, is dat die goeienuusstories taamlik skaars is. Daarby gebeur uiters ontstellende dinge meermale op die mees onverwagte plekke.

’n Voorbeeld is die konstruksiebedryf. Dit is ’n kernbelangrike deel van ons ekonomie, want dit skep die infrastruktuur wat onontbeerlik is vir toekomstige en voortgesette ekonomiese aktiwiteite en groei.

Die vernaamste belegger in en finansierder van konstruksiebedrywighede in die land is die staat. Maar besteding aan openbare infrastruktuur het die laaste paar jaar merkbaar afgeneem.

In die 2017-’18-boekjaar was die staat se infrastruktuurbegroting R947 miljard. Dit het in 2018-’19 verminder tot R834 miljard – ’n yslike 12%-vermindering. Met dienooreenkomstige verlies aan werkgeleenthede in die konstruksiebedryf.

Verminderde staatsbesteding is lank nie die enigste faktor wat verantwoordelik is vir die lae huidige moreel in hierdie bedryf nie.

Verminderde staatsbesteding is lank nie die enigste faktor wat verantwoordelik is vir die lae huidige moreel in hierdie bedryf nie.

Wat oor die afgelope jaar of wat bygekom het, is die optrede van groepe plunderaars (die “konstruksiemafia”) wat, in die naam van “radikale ekonomiese transformasie”, dinge op konstruksieterreine begin aanvang wat op blatante sabotasie neerkom.

Hierdie gebeure is uiters ontstellend. Op ’n gegewe oomblik daag daar eenvoudig ’n paar voertuie by so ’n terrein op en klim ’n groot groep mans met AK47-gewere uit.

In baie gevalle dring hulle daarop aan dat verdere werk onmiddellik gestaak word tot tyd en wyl hul “onderhandelinge” afgeloop is.

(Stel jou ieder geval “onderhandelinge” voor waar die een groep tot die tande gewapen is en die ander groep glad nie.)

Hulle eis dan dat almal (of die meeste) van hulle summier in diens geneem word, óf dat hulle ’n finansiële aandeel van ’n sekere persentasie (gewoonlik 30%) ontvang. Hulle belê glad nie, maar eis 30% van die winste!

Dit alles het die implikasie dat groot getalle werkgeleenthede in die slag bly.

Hierdie praktyk kom wyd voor en het glo in KwaZulu-Natal begin.

Kontrakteurs het in ’n paar gevalle reeds handdoek ingegooi, veral as die polisie telkens ingeroep word om reg en orde te herstel en telkens weier om op te daag.

Dit alles het die implikasie dat groot getalle werkgeleenthede in die slag bly. En dít in ’n samelewing waarin die regering van die dag werkskepping as eerste beleidsprioriteit geformuleer het.

Wat is hieroor te sê? Kom ons wees ter wille van die argument so toegewend teenoor die predikament van werklose mense soos ons kan.

Daar is ’n saak voor uit te maak dat op groot skaal geleenthede gesoek moet word om veral swart mense te laat deel in ekonomiese vooruitgang.

Prof. Anton van Niekerk

Maar wanneer daardie geregverdigde sentiment egter die punt bereik waar selfaangestelde organisasies hulself eenvoudig begin opdwing aan ontwikkelaars en ingeni-eurs wat kontraktuele verpligtinge het en onderhewig is aan streng begrotings, sien ons ’n vorm van “swart ekonomiese bemagtiging” wat in wese dieselfde as grondgryp­aksies is.

Dit toon ’n volslae minagting vir die regstaat en vir dié instellings wat die regstaat orent hou en laat werk. Hierdie praktyk kom neer op naakte anargie.

Dit is al met dringendheid onder die president se aandag gebring. Dis hoog tyd dat hy iets daaraan doen. Irma Venter; “Construction industry in rapid decline as work wanes, ‘mafia’ takes over, warns Safcec”; Engineering News, 8 April 2019; Lynley Donnelly: “Rise of the new construction ‘mafia’ ”;Mail & Guardian, 12 April 2019.)

  • Van Niekerk is direkteur van die sentrum vir toegepaste etiek aan die Universiteit Stellenbosch.
Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  Boubedryf  |  Mafia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.