Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Maretta Bellingan: As die swygsame vrou net haar mond kon hou

My Nuwejaarsvoorneme is om ’n wag voor my mond te sit, maar aangesien niemand enige belangstelling toon in die vakature nie, aanvaar ek geen verantwoordelikheid vir wat ek mag kwytraak tot en met ’n geskikte kandidaat sy opwagting maak nie.

Haar lewe lank strewe die uwe daarna om die stil en misterieuse tipe te wees. Wens sy dat iemand haar net één keer sal beskryf as die swygsame vrou wat nooit haar naam krater maak nie, wat altyd iewers op die agtergrond is, soos strelende vioolmusiek by ’n troue.

En wanneer sy later verdwyn, soos wat sy gekom het, geluidloos, wonder almal oor haar. Wie is sy, waar kom sy vandaan, meer nog, wás sy ooit hier of is sy ’n geheimsinnige skaduwee wat geruisloos deur die lewe beweeg?

Die kanse is waarskynlik veel groter dat Jacob Zuma die volgende reeks van Idols wen.

Gedra jou, vermaan sy haarself toe sy die afgelope vakansie by vriende van vriende kuier. Gesels oor die weer en die verkeer en as jy nou regtig omstrede wíl wees, die monstermolle wat jou grasperk verwoes.

So, wat doen jy as jy jou geloof in die mensdom wil herstel? Jy sleep jou sondige lyf kerk toe...

Maar amper net so moedswillig en onverwags soos die blêrrie molle, is jy nooit heeltemal voorbereid op ’n rassis wat sy kop uitsteek nie. En my gat se deksel is die feit dat hulle deur die bank dink dis heeltemal aanvaarbaar om voor ’n vreemdeling onvanpaste opmerkings en grappe te maak. Jy’s mos wit, so vanselfsprekend gaan jy saamgesels.

“Julle het gevra of ek dit geniet om hier te woon. Die antwoord is ja, my enigste klagte is dat hier te veel wit mense is.” Wat tegnies onwaar is, want daar is duisende gekleurde mense in die omgewing, maar die woonbuurte is melkwit.

Uiteraard was ek aspris, maar die reaksie op hul gesigte was geheel en al die moeite werd, nie dat hulle hul deuntjie enigsins verander het nie. Ek verwag nie nog ’n uitnodiging nie.

So, wat doen jy as jy jou geloof in die mensdom wil herstel? Jy sleep jou sondige lyf kerk toe, soos wat jy getrou een keer elke tien jaar op Kersdag doen. Die vakansiegangers sit ingeryg soos sardientjies en die ou langs jou se maag skreeu harder as die antie wie se sanguitvoering jou stopsels laat bewe.

En dan gebeur ’n vreemde ding. Die dominee lees ’n paar verse uit Titus en meteens kry jy ’n erge brandpyn in jou linkerbors. Jy dink onmiddellik dis jou verdiende loon, jy sit nooit jou voete in die kerk nie en nou’t jy borskanker.

So, behalwe vir die Ku Klux Klan en ’n pyn in die Titus was my vakansie heel gesellig en geseënd, en joune?

Meer oor:  Klitsgras  |  Nuwejaarsvoornemens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.