Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Maretta Bellingan: Dekodeerder ook korrup in dié land van feëverhale

Toe ek vroeër vandag die TV aanskakel, word ek begroet met ’n boodskap op die skerm. My DStv-dekodeerder is korrup. Wat de . . . Ek los ’n paar swetswoorde, druk ’n paar knoppe, maar die boodskap kleef soos ’n halsstarrige plooi op my voorkop.

“En nóú, Mevrou?” vra Muriel, stofsuier in die hand. “Die TV is korrup,” knor ek moerig. “Ai, Mevrou,” sug sy en druk die kragprop in die muur, “die ANC is deesdae oral.”

Met nabetragting is ek verbaas dat ek enigsins verbaas is. Soos blatjang, Vuvuzelas en braaivleis is korrupsie immers ’n eg Suid-Afrikaanse instelling. Selfs Muriel wat haar lewe lank in die klein nedersetting Toekoms woon, weet dit.

En skielik breek die son deur die wolke en ek besef vir die eerste keer is ek deel van ’n wêreld wat my tot op hede uitgesluit het. Die geheim is om met nuwe oë na korrupsie te kyk.

My verbeelding, altyd geneig om op loop te gaan, wonder of ek een van die uitverkorenes is. Dalk is dit ’n toets om te sien hoe ek sal reageer. Aanvaar jy dit in ’n gees van gelatenheid, kan jy dalk ryklik beloon word.

Jy’s by ’n kruispad in jou lewe. Jy kan die boring, reguit pad kies of jy kan die een kies wat jou met ’n knal tot in die hel sal skiet.

Einde van die maand kry ek bes moontlik ’n briefie in die pos: “My fellow South African, congratulations, you have passed the entry level to a full and blessed life of corruption. Don’t be afraid to take the first step towards your future, a future full of endless potential and zero chance of success.”

Ja, jy hét die meeste van jou vryskutwerk verloor weens die onlangse sluiting van verskeie publikasies, jy slaap sleg en voel die heeltyd angstig, but don’t fear, as a wise man once said, when one door closes, another opens, even if it leads into Pollsmoor.

This should come as no surprise, but your parents lied to you. About everything. They are all alive, Father Christmas, the fairy godmother, die sewe dwergies, die drie varkies, die hele blerrie spul.

Father Christmas, aka Cyril Ramaphosa, your beloved leader, will give you the greatest gift of all, a whole lot of nothing. Ag en ons dierbare Nkosazana Dlamini-Zuma, the fairy godmother of our colourful nation. So baie wense, so min tyd . . .

Jy’s by ’n kruispad in jou lewe. Jy kan die boring, reguit pad kies of jy kan die een kies wat jou met ’n knal tot in die hel sal skiet. Kontak jou naaste ANC-raadslid vir meer besonderhede.

Vergeet van “we’ll always have Paris”. Why would you want Paris if you can have corruption? En ander betaal daarvoor. The truth will set you free. Vra vir Schabir Shaik.

“Mévrou!” roep Muriel vanuit die voorhuis en onderbreek my onnutsige dagdromery.

“Die stofsuier blaas soos ’n makou, ek dink die ding is korrup.”

Meer oor:  Maretta Bellingan  |  Klitsgras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.