Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Maretta Bellingan: Hoop China se ventilators is beter as sy raspers

Daar was ’n tyd, many moons ago, toe ek gedink het dis nogal koel om ’n kommunis te wees.

Alles wat joune is, is myne en alles wat myne is, is joune. Totdat ek later besef het, dit help veel as nie ek óf jy enigiets hét nie. En ou Poetin met sy gierige meerkatogies is ook nie juis ’n poster boy vir die rooi saak nie.

Maar deesdae is ek nogal verlig dat Suid-Afrika hand om die blaas is met lande soos China en Rusland. Sou hierdie virus ons behoorlik beetkry, kan ons hopelik staatmaak op ons kommunistiese vriende.

Nie dat ’n mens veel vertroue het in ’n produk waarop staan Made in China nie.

’n Tyd gelede het ek ’n rasper in een van ons plaaslike China shops gekoop en toe ek die eerste stukkie kaas rasper, val die handvatsel af. Hulle is bekend vir hul kwantiteit, maar beslis nie vir kwaliteit nie.

Stel jou voor jy lê en hyg na asem en die dokter sê ontsteld: “O, hel, die skroef het uitgeval. Suster, gaan kry gou die hamer en die Super Glue.”

Lank lewe die samesweringsteoretici; hulle soek steeds na Bigfoot en glo die maanlanding het nooit gebeur nie.

Of erger nog, hulle kan nie die aanwysings verstaan nie. Iemand druk ’n knop, hoop vir die beste en aan die ander kant kom ’n brood uit.

Ek wil ook nie weet hoeveel Chinese kinders word nou ingespan om vir R1 per dag en ’n koppie noedels ventilators aanmekaar te slaan nie. En dit omdat die nare virus sy oorsprong in die Land van die Rooi Draak, dalk voortaan bekend as die “land van die snotneus-vlermuis”, het.

Daar is diegene wat meen diertjies is heel onskuldig by die storie ingesleep en die hele debakel is ’n komplot deur die Chinese, Bill Gates en Rooikappie. Lank lewe die samesweringsteoretici; hulle soek steeds na Bigfoot en glo die maanlanding het nooit gebeur nie.

Donald Trump het van meet af aan die pas makeer, maar as jy saans op CNN na sy daaglikse mediakonferensie kyk, kan jy nie help om die man effens jammer te kry nie. Met sy beperkte woordeskat moet hy nou sy gunstelingwoorde soos tremendous, terrific en incredible inspan om die impak van hierdie pandemie te bespreek.

Dis die moeite werd om ’n uitmergelende uur of wat na hom te luister net om te hoor hoe hy sukkel om die woord Hydroxychloroquine uit te spreek.

Hierdie donker wolk het darem ’n silwerrandjie. Ons weet ten minste nou dat nie elke Gupta in die wêreld ’n skelm sleazeball is nie.

Dr. Sanjay Gupta, neurochirurg en hoof- mediese korrespondent vir CNN, is nie net slim en suksesvol nie, hy’s ook tremendously sexy.

Meer oor:  Maretta Bellingan  |  Klitsgras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.