Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Maretta Bellingan: ’n Gesonde koma is dalk ’n goeie idee – in Italië

Ek lees iewers van ’n man wat per geleentheid wakker geword het uit ’n koma en geen idee gehad het wie hy is of waar hy vandaan kom nie. Hy kon normaal funksioneer, maar sy geheue was vir die res van sy lewe ’n totale blank.

Miskien is ek ’n goeie kandidaat vir ’n koma. Nie een wat gebeur weens ’n motorongeluk of iets gewelddadigs nie, ek wil wakker word uit ’n “gesonde” koma, iewers op ’n afgeleë strand langs ’n skilderagtige Italiaanse kusdorpie.

Die mense sal my toevou met hul gasvryheid, saggies onder mekaar praat oor die misterieuse vrou met die vreemde aksent en die hartseer blou oë. Ek sal die opwindendste ding wees wat in jare op die dorpie gebeur het.

Dit sal ook nie regtig ’n tragedie wees nie, want niemand by die huis sal na my soek nie. Ek is ’n enigste kind, albei my ouers is oorlede en die vriendinne sal dink ek’s weer in een van my buie en loop iewers in Indië rond.

Niemand sal die strate invaar met ’n foto van my en mense vra of hulle my dalk gesien het nie of op televisie pleit dat wie my ook al gevange hou, my net nie moet seermaak nie.

Om in Italië uit te kom, is nie so moeilik nie. Om ’n gesonde koma op te doen, is ’n ander storie. Ek kan myself met ’n pan oor die kop slaan, maar ...

Intussen het ek die geleentheid om ontslae te raak van al die gewoontes, geite en giere wat my oor jare omskep het in ’n nuuskierige, neurotiese wysneus. Ek kan die mens word wat ek nog altyd moes wees.

Ek sal vergeet dat ek dit verpes om te kook en gereeld vir die dorpie se inwoners heerlike maaltye voorberei.

Ek sal vergeet dat ek belangstelling verloor die oomblik as ’n man te veel oor homself praat, Mr Price-jeans dra of funny tandjies het.

Ek sal vergeet dat ek nie van vreemde geluide hou nie. Soos die irriterende voëltjie-klank wat ’n Samsung-selfoon maak wanneer ’n boodskap deurkom. Die getik van ’n wekker en ’n gesnork sal my glad nie meer pla nie.

Ek sal vergeet dat ek verveeld raak op partytjies, en alle uitnodigings aanvaar. Ek sal the belle of the ball wees, bloedrooi lipstiffie dra en op die tafels dans.

Om in Italië uit te kom, is nie so moeilik nie. Om ’n gesonde koma op te doen, is ’n ander storie. Ek kan myself met ’n pan oor die kop slaan, maar met my geluk sal ’n besope visserman op my afkom en my oortuig dat ek sy lank verlore vroutjie is.

En ek sal vir die res van my dae dié wewenaar se ses stoutgat-kinders moet grootmaak. Terwyl ek elke aand na sy gesnork lê en luister.

  • Maretta Bellingan is met verlof. Oplettende lesers sal hierdie herken as een van haar goue oues wat reeds in 2017 gepubliseer is.
Meer oor:  Maretta Bellingan  |  Klitsgras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.