Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Matie-kanselier: Hier kom 'n ding
Barnard Beukman

Die hoogs vreemde omstredenheid wat rondom die Universiteit van Stellenbosch (US) se kanselierskap ontstaan het, is wel iets waaroor die spreekwoordelike horlosie teruggedraai kan word. En daarvoor rus die onus vierkantig by oudregter Edwin Cameron.

Hy kan met volle behoud van sy waardigheid en integriteit bloot staan by die oorspronklike gesonde oordeel wat hy aan die dag gelê het.

Hy het op 2 Augustus in ’n brief aan US-rektor Wim de Villiers verwys na die belangebotsing van sy betrokkenheid by die konstitusionele hof se uitspraak oor die universiteit se taalbeleid en om as kanselier beskikbaar te wees.

Toe het hy die benoeming van die hand gewys, want: “Ek sit juis omring van die dokumentasie in die saak wat ons volgende week aanhoor, en watter kant toe ook, sal my posisie in die beregtiging daarvan hopeloos gekompromitteer word sou ek die benoeming aanvaar. Eweneens sou my posisie as benoemde waarskynlik onder billike bevraagtekening kom terwyl die saak nog hangende is.”

Hy was toe reg en dit is nog steeds reg en hy behoort hom nou daardeur te laat lei.

As hy wil voortgaan met die kanselierskap, sal hy sy posisie met die volledige aanloop moet openbaar.

Die rede waarom die situasie hierbo as “hoogs vreemd” beskryf word: Die vae redes wat Cameron in latere korrespondensie aanvoer waarom hy weer beskikbaar is, is onoortuigend en sonder enige geldige rede wat die kanselierskap dien. Korrespondensie waarin hy “omgepraat” word, laat ook heelwat vrae. As hy wil voortgaan met die kanselierskap, sal hy sy posisie met die volledige aanloop moet openbaar. Daarvan gaan hy uiteindelik nie wegkom nie.)

Koerante het gewoonlik ’n ooraanbod aan mense wat verskillende menings wil stel. Hoewel heelwat artikels aangebied is – waarvan ons een gebruik het – wat aanvoer hier is botsende belange, is daar skynbaar niemand wat ’n artikel wil aanbied met ’n alternatiewe standpunt nie. Waarom nou so laaglê? (Terloops, die aanbod staan steeds.)) Die US-raad se besluit om ondersoek in te stel of De Villiers enige oortreding begaan het. Hy was tog nie die enigste rolspeler nie en wat van die kanselier se besluit om homself uiteindelik wel beskikbaar te stel? En ander rolspelers wat raadslede insluit?

En wat van die regs- en etiese vraag op die tafel: is hier ’n onuithoudbare belangebotsing of nie?

En wat van die regs- en etiese vraag op die tafel: is hier ’n onuithoudbare belangebotsing of nie?

Hopelik is dit ’n ware onafhanklike ondersoek met integriteit waarop nie enige beperkings oor die ter saaklike kwessies is nie. En nie bloot ’n bak water om soos Pontius Pilatus in hande te was nie. Die poging van De Villiers en die US om hulle op ’n “groenlig” van die organisasie Gelyke Kanse te beroep, dat Cameron maar kon beskikbaar wees as kanselier. Die inderdaad gekwalifiseerde ja-woord van die organisasie is ’n swak kaart om te speel aangesien hulle nie ten tyde van die versoek vir die groenlig ingelig is Cameron is die skrywer van die uitspraak nie.

(’n Uitspraak wat terloops ook nou in die gedrang kan wees.)

Dit lyk asof die gesamentlike bewind van George Steyn, US-raadsvoorsitter, en De Villiers in ’n ongemaklike hoek gedruk is. Soos outydse Sondagkoerant-plakkate graag uitbasuin het: “Hier kom ’n ding!”

Is Cameron ’n geskikte persoon vir die kanselierskap? By uitstek. Is daar ’n kans dat De Villiers vir hom gesê het: “Skryf jou uitspraak reg, dan kry jy ’n kanselierskap?” Hoogs, hoogs onwaarskynlik.

Gaan dit oor die taalbeleid? Dit sou kleinlik wees.

Dit gaan oor wat reg is, waaroor die “nuwe” US juis so hoog opgee.

  • Beukman is redakteur van Beeld.
Meer oor:  Edwin Cameron  |  Universiteit Kaapstad  |  Us
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.