Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Willie Spies: May, Boshoff stel voorbeeld

Twee weke gelede, op 24 Mei, het Theresa May aangekondig sy bedank as Britse premier en leier van die Konserwatiewe Party.

Haar bedanking het nie as ’n skok gekom nie. Dit was reeds ’n tyd lank te wagte, veral nadat sy reeds twee keer ’n bloutjie geloop het in die Britse laerhuis in haar pogings om Brittanje by wyse van ’n ordelike ooreenkoms uit die Europese Unie te laat tree en sodoende die minste moontlike ontwrigting vir die ekonomie te veroorsaak.

Willie Spies

May se bedanking kom ondanks daarvan dat sy in alle opsigte eintlik relatief suksesvol was – behalwe vir die Brexit-plan.

Brittanje het die afgelope boekjaar afgesluit met die laagste begrotingstekort in 17 jaar. Die werkloosheidskoers is op sy laagste in 48 jaar.

Maar May kon nie die onmoontlike vermag om die steun van genoeg LP’s uit die geledere van die Tories, Arbeiders, Liberaal-Demokrate, Skotte en Noord-Iere te monster om haar ordelike Brexit-plan in werking te stel nie.

In dié opsig is May ’n tragiese held: ’n goeie mens met ’n goeie ideaal en ’n goeie baanrekord, wat op die betrokke dag nie die sukses kon wys wat haar leierskap sou verskans nie – en vrywillig opsy moes staan.

’n Mens kan dit opsom as ’n kultuur van skuldlose aanspreeklikheid, waarin die betrokke leier die eerbare ding doen om opsy te staan en ander geleentheid te gee.

Op ’n manier is dit juis grootsheid. Die grootsheid van ’n leier om hom- of haarself ondergeskik te stel aan die groter belang – selfs waar daar geen skuld teenwoordig is nie.

Die Afrikaner-digter, -filosoof en -skrywer N.P. van Wyk Louw het in sy drama Germanicus die verhaal vertel van ’n eerbare Romeinse “kroonprins”, Germanicus, wat voor ’n keuse gestel word om rein te bly en te sterf, of om ’n kompromis met boosheid aan te gaan, Romeinse keiser te word en in die proses sy eie lewe te red. Germanicus kies edelheid en reinheid – en sterf. ’n Tragiese held inderdaad.

Op dieselfde dag as May in Londen, het Carel Boshoff in Orania uitgetree as die leier van die Orania Beweging. Nie weens enige skuld aan sy kant nie, maar omdat slegte publisiteit en stories wat uit verband geruk is, dit nodig gemaak het. Dis skuldlose aanspreeklikheid. So, wat op ’n makro-skaal in Londen gebeur het, gebeur op ’n mikro-skaal in Orania.

Daar is wel enkele Germanicus-karakters op ons politieke toneel.

Dié plan het misluk en twee jaar later het die ANC Zuma as president aangewys.

Oudpres. Thabo Mbeki het in 2005 gekies om die plundering wat ons voorland sou raak as Jacob Zuma president word, te probeer keer en Zuma afgedank as adjunkpresident van die land hangende die korrupsie-ondersoeke teen hom.

Dié plan het misluk en twee jaar later het die ANC Zuma as president aangewys.

In 2012 het adj.pres. Kgalema Motlanthe nie meer kans gesien vir die plundering van die Zuma-bewind nie en hom om die ANC-presidentskap uitgedaag. Dit het misluk en hy is verneder.

In 2017 moes Cyril Ramaphosa van David Mabuza se steun gebruik maak om president van die ANC te word. Daar was sprake dat hy dieselfde as Mbeki wou doen en Mabuza wou weglaat, maar hy is deur die politieke magte in die ANC verhinder.

Die politieke magte in Suid-Afrika neig tans teen die Germanicus-leiers. Leiers aanvaar geen aanspreeklikheid nie. Nie vir skuldige optrede of onskuldige optrede nie.

Daarom groei Brittanje as staat (en Orania as ’n gemeenskap), terwyl Suid-Afrika se welvaart en ekonomie steeds krimp.

Meer oor:  Theresa May  |  Willie Spies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.