Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Media in die tyd van die virus
Gert Coetzee

Vir die eerste keer in Volksblad se 116-jarige bestaan word die koe­rant sonder ’n enkele redak­sie­lid op kantoor uitgegee. Met sosiale media is dit moontlik en sou die werk van ons tuistes af vir besparing en oorlewing as ’n instelling oorweeg kon word.

Laat ons eers die tyd van korona wegwerk en dán ons veranderde wêreld terugskouend betrag. Baie bedrywe, media inkluis, en lewenswyses gaan ingrypend verander.

Die bestel van Aldous Huxley se distopiese Brave New World van 1932 en George Orwell se toekomsvlugte in 1984 is hier. Asook wat dit positief én negatief van menslike aanpasbaarheid gaan verg.

Die toekoms tersyde. Ons eerste plig nou is om die koerant te bly versprei – hetsy in papier- of in e-formaat (op Netwerk24 waar deur Volksblad geblaai kan word. Koffie in die hand).

Die kwinkslae en galgehumor daar is nie vir alle ore bedoel nie.

Ook in die brawe, nuwe wêreld boet mens in. Koerantmaak is die lekkerste werk ter wêreld waarvoor ’n mens ook nog betaal word (al is dit maar snoep), soos Johan van Wyk al in sy rubrieke gekorswel het. In teenstelling met Huxley se “onpersoonlike generasie”, is die gaafste van ons werk die gekorswel met vertroude kollegas op die nuus-konferensies wat ook die gom is wat ons publikasie heg.

Die kwinkslae en galgehumor daar is nie vir alle ore bedoel nie.

So hou kollegas Charles Smith, Dirk Kok, Paul Müller (sirkulasie) en ek nou nuuskonferensies per video-oproepe op WhatsApp waar almal se gesigte naas mekaar op die selfoonskerm inpas. Hul bakkies lyk maar dieselfde.

Op somber noot wys die gevalle van korona-infeksie in Suid-Afrika wat teen gister tot meer as 700 (ten tye van skrywe) en meer as 400 000 en 19 000 sterftes wêreldwyd opgeskiet het, hoe ernstig die aanslag is. Die algehele inperking van ons land is noodwendig. En nie net omdat pres. Cyril Rama-phosa die krisis wil benut om – soos Churchill en Roosevelt tydens die Tweede Wêreldoorlog – sy staatsmanskap te bevorder nie.

Suid-Afrika is by ’n historiese kruispunt wat die herskikking van die toekoms, ook politiek, gaan bepaal.

Intussen gaan die lewe anders voort. Dit raak ook Volksblad-lesers.

Intussen gaan die lewe anders voort. Dit raak ook Volksblad-lesers.

Die sluiting van die land herinner aan Berna Ackerman se Liesbet Delport se oorlogboek oor ’n jong meisie se belewenis van hoe die Tweede Wêreld-oorlog in Bloemfontein, waar aand-klokreëls, toe gordyne en donkerte snags gegeld het, hul lewe verander het. Haar pa, ’n proefleser by Die Volksblad (in die verhaal), verloor sy werk.

Oor die voortgesette publikasie (op papier) van Volksblad nóú: Soos in oorlogstye, is dit joernaliste se plig om nuus te versprei, ongeag risiko.

Sover weet ons nog nie wat ons nie weet nie en wat nie onder ons beheer is nie.

Met Covid-19 staan die beginsels teenoor die morele eis om betrokkenes se veiligheid (teen besmetting) te verseker, aangesien die produksie- en verspreidingsketting wyer strek.

Earl J. Wilkinson, hoof van Inma (International News Media Associa-tion), wys uit dat luidens voorste geneeshere en wetenskaplikes geen geval bestaan waar Covid-19 deur ’n gedrukte koerant, tydskrif of ander papier-artikel oorgedra is nie.

Ingevolge die noodregulasies, beskou ons onsself as ’n “noodsaaklike verspreider”, maar oor hoe dit die fisieke lewering van koerante raak, word op hoë vlak in die mediabedryf met die regering oor gesels.

Sover weet ons nog nie wat ons nie weet nie en wat nie onder ons beheer is nie. En fokus op die lewering van Volksblad in drukformaat, al is dit met veel minder advertensies.

Saam met Vicks, toiletpapier en steak, is dit wel ’n goeie tyd om heeltydse internettoegang te kry.

  • Coetzee is redakteur van Volksblad.
Meer oor:  Virus  |  Joernalis  |  Koerante  |  Volksblad  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.