Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Media móét oor Malema berig

Die laaste tyd was daar nogal ’n debat oor die vraag of die media aandag aan Julius Malema en die EFF se aandagtrekkerige bokkespronge moet bestee. Max du Preez en Amanda Gouws meen van nee; my gewaardeerde oudkollega Hennie van Deventer meen nuus is nuus en moet gerapporteer word.

As iemand wat van geboorte af feitlik deurgaans in ’n joernalistieke omgewing geleef het (as jy my sny, is dit nie bloed wat uitloop nie, maar drukkersink), stem ek saam met Van Deventer. Nuus is nuus.

Moes die koerante dan nou geswyg het oor vandeesweek se onthulling dat Malema, die populis wat so histeries teen witmonopoliekapitaal skree, self ’n groot bedrag van die skatryk wit kapitalis Adriano Mazzotti gekry het?

Dit beteken natuurlik nie dat ons joernaliste foutloos is nie. Ons kan ons eie werk op verskeie maniere verbeter.

Om mee te begin, die ou vraag: Wat is nuus? As ’n bejaarde tannie daagliks op ’n sekere punt oor ’n besige straat loop sonder om iets oor te kom, is dit nie nuus nie. Maar laat sy nou net omgery word – enige joernalis sal weet: Dít is nuus.

Met ander woorde, nuus is dít wat aandag trek, wat opvallend en anders is. Iets waaroor mense by die braaivleisvuur praat.

Alte dikwels kom dit daarop neer dat goeie nuus in die vergetelheid raak. En dan kry ons deur die voortdurende opeenhoping van slegte nuus ’n skewe beeld van die breë werklikheid.

Dís dan die een ding wat ons kan doen: Ons kan méér na goeie nuus gaan soek. Sonder om dit te fabriseer of buite verhouding te beklemtoon, maar slegs om ons natuurlike neiging om slegte nuus groot aan te bied te balanseer.

So het ek nog nooit ’n volkome objektiewe mens – binne of buite die joernalistiek – teengekom nie. Tog is billikheid en objektiwiteit die ideaal waarna ons altyd moet bly streef. En intussen, hou tog aan oor Julius Malema berig!

Byvoorbeeld: Daar is hoeveel rolmodelle onder vroue, onder arm mense wat met min grootgeword en bo uitgekom het. Gaan sóék hulle.

’n Tweede ding wat die bestuurders (ons het hulle altyd enigsins neerhalend die boontjietellers genoem) kan doen, is om meer in die joernalistiek te belê.

Die vraag is: Hoekom bestaan koerante en ander nuusmedia?

Ek het op ’n kol ’n hewige woordewisseling gehad met iemand wat die joernalistiek verlaat en ’n boontjieteller geword het. Sy stelling was dat koerante bloot bestaan om wins vir die maatskappy en aandeelhouers te maak.

My standpunt was dat koerante weliswaar wins moet maak om te bestaan, maar dat hul bestaansrede eerder diéns aan die samelewing is. Ons rol is om mense met kennis te bemagtig.

En dit beteken dat koerante en ander nuusmedia nie gesien moet word as melkkoeie nie; dat die eienaars verlief moet neem met minder wins en desnoods winste uit ander oorde in die joernalistiek moet stop. Jou doel moet nie maksimum wins wees nie, maar uitnemende koerante.

Natuurlik word die saak gekompliseer deur die langsame agteruitgang van papierkoerante en die migrasie van die joernalistiek na die digitale media. ’n Mens moet aanvaar dat die era van die “dooie boom” – papier – langsamerhand na ’n einde loop.

Maar die medium maak nie saak nie. Of die nuus nou per papier of die internet versprei word, is minder belangrik as die noodsaak dat daar steeds in gehaltejoernalistiek belê moet word.

’n Mens lees gereeld hoe sekere lesers teen die koerante te kere gaan. Soms het die mense iets beet, maar meestal is hul begrip van die beroep maar power.

So het ek nog nooit ’n volkome objektiewe mens – binne of buite die joernalistiek – teengekom nie. Tog is billikheid en objektiwiteit die ideaal waarna ons altyd moet bly streef.

En intussen, hou tog aan oor Julius Malema berig!

Meer oor:  Eff  |  Julius Malema  |  Nuus  |  Media  |  Joernalistge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.