Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Menslikheid moet tog ook deel van dié som wees

Hy het begrip vir die balanseertoertjie wat die regering in moeilike tye moet uitvoer, maar ons kan tog nie gewone menslikheid en redelikheid met burokrasie vervang nie, skryf Danny Titus.

Duisende mense staan tou vir kospakkies in die Mooiplaas- informele nedersetting buite Centurion. Foto: Deaan Vivier

Die koronavirus is nou al maande met ons.

Die wetenskaplikes meen dat dit nog jare met ons kan wees.

Mense sê ons het goed begin toe die inperking afgekondig is, maar tans lyk dit asof die tuisblyery begin uitrafel. Die kabinetsministers het veral begin teleurstel, en dit het selfs gelyk asof pres. Cyril Ramaphosa van sy verantwoordelikhede begin afskuif het – totdat hy ons uiteindelik Woensdagaand weer toegespreek het.

Dit is gerusstellend dat hy steeds by sy mandaat bly en stewig in beheer is. Watter moeilike taak het die man tog nie.

Spoedig het die werklike Suid-Afrika hom egter laat geld: Wetteloses het hul gesigte begin wys en hulle glad aan die virus gesteur nie. Die kabinet het sy verdeeldheid en onbeholpenheid gewys. Kritiese stemme het begin opgaan: Los die onnosele staat, sluit liewer aan by burgerlike organisasies. Die werkgewers is die lewensaar. Die politieke partye moet van hulle laat hoor en vat die regering hof toe.

Ons sien hoe pres. Donald Trump van die VSA, Boris Johnson, eerste minister van Brittanje, en talle ander regeringsleiers wêreldwyd sukkel om die perfekte balans tussen die bekamping van die virus en die oopstelling van die ekonomie te vind.

Wat ’n spandraad is dit nie waarop hulle soos wafferse koorddansers moet loop nie.

Die inperking wat ten doel het om die virus (waarvoor ek so bang is) te bekamp en die ekonomie wat brood op die tafel moet plaas, loop nou met mekaar saam.

Dit is asof ek Suid-Afrika deur ’n nuwe bril leer ken. Ek het nie geweet daar is soveel mense in ons land wat honger ly en ook soveel organisasies wat voortdurend werk om kospakkies te voorsien en soveel mense wat die hand uitsteek om ander te help nie.

Aanvanklik was dit asof almal eendragtig teen die virus wou saamspan en aan die president se oproep gehoor gee.

Spoedig het die werklike Suid-Afrika hom egter laat geld: Wetteloses het hul gesigte begin wys en hulle glad aan die virus gesteur nie. Die kabinet het sy verdeeldheid en onbeholpenheid gewys. Kritiese stemme het begin opgaan: Los die onnosele staat, sluit liewer aan by burgerlike organisasies. Die werkgewers is die lewensaar. Die politieke partye moet van hulle laat hoor en vat die regering hof toe.

Die president het homself egter duidelik gemaak: Daar sal geleidelik na die vlak 3 van inperking beweeg word, maar waar nodig sal ons op vlak 4 bly.

Hy moet op sy spandraad bly.

Danny Titus

Uit Genève laat weet die kantoor van die hoëkommissaris vir menseregte reeds vroeg: “Covid-19 is ’n toets vir samelewings, vir regerings, vir gemeenskappe en vir individue. Dit is nou die tyd vir solidariteit en samewerking om die virus te bestry en die gevolge te probeer versag . . . deur bewuste maatreëls wat ontwerp is om die verspreiding van die virus te keer.”

Dit is hier waar ek my vertroue in die kantoor van die president wil behou. Hy moet die staat lei en die staat se rol bepaal, ’n uitsonderlike rol wat niemand anders as die staat kan speel nie.

Natuurlik moet ons dié rol voortdurend dophou en takseer, selfs hof toe gaan as dit moet. Maar in hierdie pandemie werk dit baie beter wanneer ons hande vat met die staat om ons gesamentlike vyand te beveg.

Ons ekonomie is besig om stadig te heropen. Dit lyk of die kabinet begin besef dat hy hulp nodig het. Ons moet die geleenthede wat die virus ons nou bied, aangryp om as een land vorentoe te beweeg.

Wanneer dit gaan oor die toepassing van die reëls, kan ons tog nie gewone menslikheid en redelikheid vir die burokratiese wil verruil nie.

Dit is ons primêre taak om in solidariteit en deur samewerking saam te beweeg. Dan kan die kritiek kom, trouens, dan móét die kritiek kom. Nie om afsonderlike eilande binne een land te skep nie, maar om by die primêre taak uit te kom.

’n Man bel my Donderdagaand. Hy moet sy bejaarde ouers van Mosselbaai na Krugersdorp neem. Hy kan nêrens ’n permit kry nie. Hy het by die polisiehoofde, die landdros en selfs die president se kantoor gaan draai.

Geen antwoord nie.

Dit kan tog nie wees nie? Wanneer dit gaan oor die toepassing van die reëls, kan ons tog nie gewone menslikheid en redelikheid vir die burokratiese wil verruil nie. Ek sien die president waar hy pleit vir menslikheid en redelikheid. Ek verstaan jou spandraad al te goed, meneer die president.

Wys asseblief dat jy ook die spanning van die landsburgers verstaan. Dan loop ons gemakliker vorentoe.

* Dr. Titus is ’n onafhanklike kommentator. Die menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.