Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Menswaardigheid: Wat is dit eintlik?

In Psalm 8 en ander Skrifgedeeldes is dit duidelik: Daar is geen twyfel oor die mens se waardigheid nie. God self het ons met aansien en eer bekroon.

Prof. Rantoa Letšosa is die nuwe dekaan van die fakulteit teologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Watter voorreg is dit nie!

Dit is ’n inherente onveranderlike van elke mens.

Vandag is “menswaardigheid” ’n wyd erkende begrip en word die ontstaan en praktiese implikasies daarvan wyd gedabatteer. In die Christelike denke word menswaardigheid dikwels gekoppel aan die mens as die beeld van God.

Reeds in die Era van die Verligting was die fondamente en formulering van regte prominent onder sekere teoretici en ’n konsep van universele regte – op menswaardigheid geskoei – het toenemend algemeen geword.

In die middel van die 20ste eeu het die wêreld in afgryse gereageer op Hitler se doodskampe en Stalin se goelags waar waardigheid en menswaardigheid brutaal vernietig is. Die wêreld het in antwoord daarop weer die antieke konsep van menswaar-digheid aangegryp as beginsel vir ’n nuwe wêreldorde.

Die Verenigde Nasies en verskeie nasiestate het daarna ’n aantal baan-brekerdokumente oor menseregte uitgereik. In die belangrikste dokumente was die vertrekpunt die “inherente waardigheid” en die “gelyke en onvervreembare regte van alle lede van die menslike gesin”. Die oortuiging was dat alle regte afkomstig is van die inherente waardigheid van die mens.

Binne ’n dekade het verskeie ekumeniese groepe soortgelyke omvattende verklarings oor menseregte gemaak, dog met wisselende klem op menswaardigheid.

Vandag het die konsep van menswaardigheid alomteenwoordig geword, maar het dit jammerlik ook ’n cliché geword.

Vandag het die konsep van menswaardigheid alomteenwoordig geword, maar het dit jammerlik ook ’n cliché geword: ’n woord wat lukraak gebruik word.

Waardigheid word gekoppel aan van luukses, plesier en ontspanning tot armoede, pyn, tronkstraf, identiteit, die reg om te behoort en te verskil, etnisiteit, kultuur, taal, seks, geslag, seksueele voorkeure, oudword en die dood.

In baie regsgedinge is die anker nie meer die universele norme van menswaardigheid nie, maar word alles geskoei op die spesiale aspirasies van ’n individu of groep.

Ons hoor nou gereeld van regte op vrede, gesondheid en skoonheid; die reg op rus, vakansie en werkonderbre-kings; die reg op werk, ontwikkeling en ekonomiese uitbreiding; die reg op aborsie, selfdood en dood.

Menswaardigheid is ’n inherente reg, maar moet behoorlik gedefinieer word. Dit moet bepaalde grense hê as dit die stewige grondslag vir menseregte moet bly.

’n Billike definisie sal menswaar-digheid so wyd as moontlik insluit, maar dit moet ook nie enige geldige menseregte-eise uitsluit nie. Dit sal nie bloot enigiets en elke aspirasie wat mense wil regverdig, insluit nie.

Hiervoor is ’n godsdienstige-, multidissiplinêre, en multikulturele oefening nodig. Gemeenskappe moet toegelaat word om in hul eie unieke aksent en op hul unieke wyse te werk te gaan om menswaardigheid te definieer. Elk van hierdie dissiplines, godsdienste en kulture gaan ook egter moet aanleer om ook met buitestaan-ders te praat oor hul unieke begrip oor die oorsprong, aard en doel van menswaardigheid.

So sal ’n gesamentlike siening bereik kan word wat nie een benadeel en die ander bevoordeel nie. En wat nie iets goedpraat wat vir ander sleg is, slegs om die self te bevoordeel nie.

Dit sal bydra tot die beskerming van menswaardigheid en dat mense mekaar met respek hanteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.