Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Met Bra Tito veg ons teen die plunderaars

Iewers in 1995 het ek en Tito Mboweni oor ’n glas rooi ’n paar woorde gevoer. Dis toe dat hy my van sy voorliefde vir Afrikaanse musiek vertel het. Veral vir die liedjies van Laurika Rauch.

Die nuwe minister van arbeid in Nelson Mandela se eerste kabinet was ’n hoflike en aangename man wat gemaklik met almal oor die weg gekom het op die partytjie iewers in ’n ministerswoning in Kaapstad se noordelike woonbuurte.

Toe hy in ballingskap in die buiteland was – hy is onder meer as MK-soldaat in Angola opgelei in die tyd toe ek as wit soldaat vir die apartheidsregering in Angola teen Fapla/MK geveg het – het hy graag na Afrikaanse musiek geluister, het hy gesê.

Ek het nie as kind baie na Laurika geluister nie, maar ek het gedink dat ons iewers, terwyl ons teen mekaar geveg het, in dieselfde jaar dalk na “Kinders van die wind” geluister het. Of daaraan gedink het, en aan ons land en mense duisende kilometers weg. Aan ’n toekoms sonder oorlog.

Dit was opwindende tye, daardie post-’94-jare. Daar was ’n gees van versoening in die lug. Ons het Desmond Tutu se term Reënboognasie aanvaar. Mandela was met sy groot glimlag en hart orals teenwoordig. Jy het ’n trotse burger van die nuwe land geword.

Hoe het die stormwinde nie in hierdie amper kwarteeu oor ons geliefde land gewaai nie.

Hoe het die stormwinde nie in hierdie amper kwarteeu oor ons geliefde land gewaai nie. Eers was daar die NP se onttrekking uit die Regering van Nasionale Eenheid wat ’n demper op die gees geplaas het. Daar was Boipatong en Laurika se “Hot Gates” oor geweld en oorloë het die nuwe treffer geword wat die tydsgees vasgevang het.

Het Bra Tito ook daarna geluister en ’n krieweling langs sy rug gevoel waar hy later president van die Reserwebank geword het, wonder ek. Maar die Zuma/Gupta-winde sou ons ’n dekade later tref en die reënboogland op die rand van die afgrond bring.

En hier staan Bra Tito weer op om die gemors van staatskaping as die nuwe minister van finansies op te ruim. Miljarde rande is gesteel. Departemente is geplunder en dorpe verwoes. Die vyand is nie meer ons, die kinders van PW en Vorster, nie. Dis die kamerade in die ANC en en hul vriende van Indië en China wat die land van Mandela ingeval en gestroop het.

Bra Tito, dit is tyd dat jy en pres. Cyril Ramaphosa en die leiers in die ANC wat nie korrup is nie, besef dat die land met die Afri-kaners, boere en sakelui se hulp gered moet word. Ons is hier. Nog altyd. Soos Nick Serfon-tein van Kroonstad vir die president gesê het: “Stuur my.”

Tito Mboweni het op ’n foto van sy boerdery wel die nuwe hoop vasgevang vir ’n post-Zupta-land. Hy wys sy lammers en skryf: “My skape en lammers kristaliseer in ’n foto my prentjie van nie-rassigheid. Swart, wit en bruin . . .”

Dis hopelik ’n nuwe wind wat waai die.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.